Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Stilbaai: Veilige vervoer vir leerlinge bespreek

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) sê daar word vandeesweek vergaderings met die verkeersdepartement gehou nadat ouers van Stilbaai kommer uitgespreek het oor die busse waarmee leerlinge na skole vervoer word.

’n Bus waarmee leerlinge verlede Woensdag vervoer is, se deur het na bewering in die ry oopgegaan en nog ’n bus het glo nie ’n agterste nommerplaat nie.

Die WKOD het vroeër gesê ’n nuwe kontrakteur is aangestel om leerlinge van die gebied na nabygeleë skole te vervoer. Die kontrakteur het egter nie Woensdag leerlinge vervoer nie omdat daar probleme met die busse was. Hy het gesê nuwe voertuie is bekom om leerlinge Donderdag te vervoer.

Van die bekommerde ouers het hulle na die Independent Civic Organisation of South Africa (Icosa) gewend.

Dawid Kamfer, Wes-Kaapse leier van Icosa, sê hulle neem kennis van die ouers se kommer. Kinders se veiligheid moet ’n top-prioriteit wees.

Die WKOD sê by navraag daar sal vandeesweek vergaderings met die verkeersdepartement gehou word om enige onduidelikhede oor die vervoer van leerlinge op die roete op te klaar.

Die diensverskaffer ontken die bewering dat die bus se deur in die ry oopgegaan het. Volgens die diensverskaffer beskik al sy busse oor geldige nommerplate.

Leerlinge se veiligheid is nie onderhandelbaar nie, sê die WKOD. Die WKOD se distrikskantoor sal roetes in die omgewing monitor en met die verskillende diensverskaffers kontak maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.