Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Storm ruk dak soos ’n blikoopmaker af

Die verpletterende storm Maandag in Gauteng het die dak van die Laerskool Protearif in Krugersdorp soos ’n reuse-blikoopmaker afgeruk en die skool se bestuur met die hande in die hare oor die pad vorentoe gelaat.

Lugfoto’s van die skool wys duidelik hoe stoele en tafels in oop klaskamers in die water ronddryf. Die omliggende skoolterrein is ook in puin.

’n Lugfoto van die skade by die Laerskool Protearif in Krugersdorp.

’n Werker is ernstig beseer en die skool is “driekwart verwoes” in die erge reën-, wind- en haelstorm wat groot dele van Gauteng getref het.

Twee kinders en ’n onderwyseres het ook ligte snywonde opgedoen, volgens Tjaart Snyman, voorsitter van die skool se beheerliggaam.

“Die storm het die skool se dak heeltemal afgeruk,” sê hy. “Die twee leerlinge en die onderwyseres het gelukkig net ligte snywonde weens wrakstukke opgedoen en is op die toneel deur die nooddienste behandel.

“Die werker is egter ernstig beseer en is per ambulans hospitaal toe geneem word.”

Nog ’n onderwyser se bakkie het glo “begin wegwaai” toe hy tydens die storm in sy Nissan NP200 geklim het.

“Ons kan eintlik baie dankbaar wees dat geen van ons kinders ernstig beseer is nie, maar weet glad nie wat ons nou te doen staan nie,” sê Steenkamp.

“Ons sal dringend met die onderwysdepartement moet vergader om die pad vorentoe te bepaal en die skool sal beslis nie môre (Dinsdag) oop kan wees nie.

“Ek wonder eintlik persoonlik of die skool voor die einde van die jaar weer sal kan oopmaak. Ons het eerlikwaar baie skade.”

“Ons kan net dankbaar was dat die skool reeds basies verdaag was toe die storm getref het en is baie bly geen ander kinders is ernstig beseer nie,” sê Steenkamp.

Die Laerskool Protearif het kwaai onder Maandag se hewige stormweer aan die Wes-Rand deurgeloop.
Die Laerskool Protearif vanuit die lug gesien.
Die skade by die skool.
Die skoolterrein by Laerskool Protearif in Krugersdorp.


Meer oor:  Laerskool Protearif  |  Haelstorm  |  Storm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.