Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Straatren op N1: Man verloor albei bene – ma vertel
Taufiq Carr. Foto: Taufiq Carr/Facebook

Hulle sal dít wat gebeur het, nooit kan regverdig of probeer verstaan nie, het die ma van die bestuurder van die BMW M3, wat Maandag in die vroeë oggendure ernstig in ’n jaagtog op die N1 in Kaapstad beseer is, Woensdag huilend gesê.

Taufiq Carr
Taufiq Carr se BMW M3 ná die ongeluk.
Taufiq Carr het vermoedelik in hierdie BMW gery toe hy in die ongeluk was. Foto: Facebook/Taufiq Carr

Albei bene van Moesna Carr se seun Taufiq (26) moes ná die ongeluk geamputeer word.

Hy het Maandag in die vroeë oggendure in ’n straatren op die N1 naby die Sableweg-afrit beheer oor sy BMW verloor en in die middelman vasgejaag.

Dit blyk dat hy in sy motor saam met ’n motorfiets en ’n Porsche aan die onwettige straatren deelgeneem het.

Video’s van die ongeluk is wyd op sosiale media versprei.

“Ja, my seun was verkeerd. Dit wat hy gedoen het, sal ek ook nooit kan goedpraat nie. Hy betaal nou daarvoor. Hy gaan vir die res van sy lewe daarvoor betaal. Óns betaal daarvoor,” het sy gesê.

Terwyl die hartseer in haar stem deurslaan, sê Carr dit is net deur die genade van God dat niemand anders seergekry het nie.

“Daarvoor sal ons God vir altyd dankbaar wees. Hoe sou Taufiq met homself kon saamleef as iemand anders ook seergekry het?”

Carr sê die ongeluk het nie net Taufiq se lewe vir altyd verander nie, maar ook dié van sy eie gesin. “Hy het twee klein kindertjies. Hy is maar nog self ’n kind.”

Sy sê hulle is dankbaar vir die mense wat hulle bystaan en vir Taufiq bid.

“Dis al wat ons nou vra. Die verwyte en vrae kan later kom. Ons sal dit later verwerk. Vir nou vra ons, bid vir ons seun. Bid dat hy dit wat met hom gebeur het, oorkom. Bid dat hy aansterk. Bid dat hy terugkom na ons toe. Verwyt hom later. Verwyt ons later. Glo my as ek sê dat ek as ma dit niemand toewens nie.”

Carr se liefde vir motors blyk duidelik op sy Facebook-blad. Daar is verskeie foto’s van hom by vinnige motors.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê hulle het nog geen dossier van die verkeersowerhede van die Kaapse metro gekry nie.

Meer oor:  Taufiq Carr  |  Sableweg-Afrit  |  Straatren  |  Kaapstad  |  Ongeluk  |  N1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.