Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Strande in Baai nou amptelik toe

Die strande in die Nelson Mandelabaai-metro is nou amptelik toe en daar gaan gevolge wees vir diegene wat die kans waag om te gaan lyf natmaak.

In die afgelope 24 uur is 15 Covid-19-sterftes hier aangemeld, en op ’n vergadering van die metro se Covid-19-taakspan het dit geblyk dat die aantal mense wat positief toets, daagliks teen ’n skrikwekkende pas toeneem.

Nqaba Bhanga, burgemeester van die metro, het gesê die wetstoepassers is oorgehaal om seker te maak dat die inperkingsmaatreëls, waarvolgens die publiek van Woensdag af op die strande verbied word, nagekom word.

In die Nelson Mandelabaai-metro is die strande omhein om te keer dat die publiek die regulasies oortree. Foto: Verskaf

Talle mense het Dinsdag vir oulaas veral op Somerstrand gaan swem.

Terwyl hulle daar was, het munisipale werkers groot versperrings by die Shark Rock-pier en die deel van die strand tot by Something Good aangebring.

Bhanga het gesê die publiek sal die opoffering moet maak sodat menselewens gered kan word.

“Ons is steeds ’n brandpunt. Covid-19 is steeds vir ons ’n realiteit en dit beroof ons van ons familie en vriende.

“Daar is 105 pasiënte in waakeenhede, 87 in private hospitale en 18 in staatshospitale.”

Volgens Bhanga pleit hy by die inwoners om aan die regulasies gehoor te gee, so moeilik soos wat dit is.

Inwoners van Nelson Mandelabaai het Dinsdag hul laaste stappie geneem op die gewilde Shark Rock-pier voordat dit toegemaak is. Foto: Lulama Zenzile

Shane Brown, hoof van die metro se afdeling vir rampbestuur, het gesê dit is belangrik dat mense onthou dat hulle elke dag om 22:00 tuis moet wees.

Volgens Brown geld die aandklokreël van 23:00 tot 04:00 net in stede wat nie brandpunte is nie.

“Al ons strande, parke en braaiplekke is van Woensdag af toe. Alkohol mag ook nie in openbare gebiede gebruik word nie.”

The Willows Resort & Conference Centre het aangekondig dat hy steeds oop is vir gaste wat in die oord bespreek het. Hierdie gaste kan die rotspoele asook die Supertube gebruik.

Streng Covid-19-maatreëls sal toegepas word. Maskers moet gedra word en gesonde afstande moet gehandhaaf word.

Die brandpunt-gebiede in die gebied is tans Gelvandale, Bethelsdorp, Walmer, KwaZakhele en Rosedale.

Meer oor:  Nqaba Bhanga  |  Oos-Kaap  |  Vakansie  |  Strande  |  Covid-19-Regulasies  |  Koronavirus  |  Tweede Vlaag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.