Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Strate in Pta gesluit ná betoging oor ‘profeet’

Strate in Pretoria is Saterdag weer gesluit nadat betogers teen die “profeet” Shepherd Bushiri opgeruk het.

Sr.Supt. Isaac Mahamba, woordvoerder vir die Tshwane-metropolisie, sê sowat 20 mense het om 18:00 vreedsaam begin betoog.

WF Nkomostraat was tussen Es’kia Mphahlele-rylaan en Maltzanstraat vir verkeer gesluit.

Deur die middag is ’n video van brandende bande wat die pad versper op sosiale media gedeel.

Intussen het Bushiri Saterdag ’n video geplaas waarin hy verlede jaar aan lede van sy kerk gesê het dat hy “nêrens heen gaan nie . . . ek sal julle nooit alleen laat nie”.

“Toe ek dit ’n jaar gelede gesê het, het die kerk nie geweet wat ek bedoel en gesien het nie. Wel, nou kan jy die video weer kyk en binnekort sal ek vir julle vertel wat ek gesien en bedoel het.”

Vrydag het sowat 300 mense die strate ure lank versper om Bushiri te spreek oor die stormloop waarin drie vroue verlede week dood is.

Leiers van die betoging is oorreed om met Bushiri se regsverteenwoordigers in ’n saal in die Tshwane Events Centre te praat.

Bushiri was toe glo uitstedig.

’n Klag van regsverydeling is teen Bushiri se kerk ingedien ná die vroue se dood.

Volgens die polisie is die vroue dood toe kerkgangers skuiling gesoek en mekaar gestamp het in ’n stormloop in die kerksaal.


Meer oor:  Shepherd Bushiri  |  Pretoria  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.