Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Strop om Derick Hougaard se nek losser
Karlien en Derick in gelukkiger tye. Foto: Liza van Deventer

Die oud-Springbok Derick Hougaard dok nou heelwat minder geld op vir sy tweejarige tweeling saam met die sangeres ­Karlien van Jaarsveld.

Rapport verneem die gewese paartjie het tot ’n vergelyk gekom nadat Hougaard nie meer die hemelhoë bedrag waartoe hy vroeër ingestem het, kon bybring nie.

Rapport het vroeër berig Hougaard moes skaars drie maande ná sy egskeiding regsadvies inwin oor van die bepalings van die skikkingsooreenkoms wat hy met hul egskeiding onderteken het.

Hy het gesukkel om vir homself te sorg nadat hy sy onderhoudsgeld betaal het. Hougaard leef van die versekeringsgeld wat uitbetaal is ná rugbybeserings en kry klein salarisse van SuperSport as kommentator en van die Blou Bulle as skopafrigter.

Hy het Riaan Louw, sy prokureur, om raad genader nadat hy begin swaar trek het.

Louw het vroeër gesê Hougaard is nie ­finansieel in staat om die gesin se luukse ­leefstyl te finansier nie.

“Sy kinders bly alles in sy lewe en hy is daartoe verbind om hulle te versorg, maar dit moet volgens hul werklike uitgawes bepaal word,” het hy gesê.

Louw wou die afgelope week nie kommentaar lewer nie, maar het bevestig dat Hougaard nie voortgaan met regstappe nie.

Regslui was verlede jaar geskok oor die groot bedrae en hoë eise vir die versorging van die tweeling wat in die paartjie se skikkingsooreenkoms verskyn.

Hougaard en Van Jaarsveld is in Oktober verlede jaar in die hooggeregshof in Pretoria geskei.

Rapport het ook die inhoud van die skikkingsooreenkoms onder oë gehad, maar mag ingevolge wetgewing nie die besonderhede van die skikking publiseer nie.

scarstens@rapport.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.