Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kanker eis stryder teen siekte

’n Vrou wat haar hele lewe gewy het aan die stryd teen kanker, is self aan die siekte dood.

Marlene Slabbert (59) van Empangeni in KwaZulu-Natal is dood net 38 dae nadat kolonkanker ná ’n noodoperasie by haar ontdek is. Sy was daarna tot die einde aan masjiene gekoppel.

Met ’n besoek in September 2020 aan Bloemfontein het Slabbert baie bome in die stad se stamme in pienk gedrapeer om bewustheid oor borskanker te skep. Die bome is steeds in pienk gehul.

Marlene Slabbert (regs) van Empangeni het haar hele lewe aan die stryd teen kanker gewy en is dood nadat kanker 38 dae gelede by haar gediagnoseer is. Sy het met haar besoek in September aan Bloemfontein baie bome in die stad in pienk getooi in die bewusmaking van borskanker. Hier is sy op haar broer, Rufus, se afskeid as sersant-majoor van 1 SDB by Tempe. In die middel is Rufus se vrou, Magda. Foto: Verskaf

Haar skoonsuster, Magda Slabbert van Bloemfontein, sê Marlene “was ’n stryder wat haar lewe gewy het aan die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) wat self die stryd verloor het”.

“In Richardsbaai en Empangeni het sy onverpoosd gewerk vir die Kankerhuis. Met haar laaste besoek aan Bloemfontein het sy van die bome in Pellissier in pienk getooi in borskankermaand in September.”

“Haar liefdeswerk is steeds sigbaar teen die bome in Bloemfontein. Sy was onbaatsugtig en het fondsinsameling op fondsinsameling gedoen, selfs die bome by die hospitaal waar sy gewerk en later gesterf het, was in pienk gedrapeer.”

Slabbbert sê sy het die naweek besef Marlene se hande sal nooit weer goeie werke op aarde vir Kansa kan doen nie. Sakke klere en komberse het van so ver as Bloemfontein en selfs Kareedouw vir haar ingestroom en is in informele nedersettings uitgedeel.

Die naweek het almal wat kon, koningsblou aangetrek by haar troosdiens. Dit is die kleur vir die soort kanker wat by haar gediagnoseer is.

Marlene se broer, Rufus, het in September as sersant-majoor van 1 Spesiale Diensbataljon (1SDB) in Tempe, Bloemfontein, uitgetree. Sy was toe in die stad om die bome in pienk te drapeer.

Marlene Slabbert van Empangeni het baie bome in Bloemfontein met haar besoek in September in pienk getooi as bewusmaking van borskanker. Sy is dood 38 dae nadat kolonkanker by haar gediagnoseer is. Foto: Verskaf
Meer oor:  Empangeni  |  Kwazulu-Natal  |  Sterf  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.