Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Studente kul ná swak skote

Ses studente van die polisiekollege op Oudtshoorn het die trekpas gekry omdat hulle by ’n skietoefening gekul het deur met penne, in plaas van koeëls, gate in die teiken te maak.

Gat deur koeël gemaak. Let op die donker “brandmerk” Foto: Verskaf

Studente moes minstens 13 keer uit 18 skote met ’n 9 mm-pistool die teiken tref. Die ses het ná die skietoefening die teiken gedokter om dit te laat lyk asof hulle geslaag het.

Hulle is Maandag ná ’n dissiplinêre verhoor huis toe gestuur.

Hul skelmstreek het aan die lig gekom toe hul instrukteurs opgemerk het dat die vorm en voorkoms van sommige van die gaatjies verskil. Gewoonlik is daar donker “brandmerke” wat veroorsaak word deur die koeël wat deur die karton gaan, maar die gate op die teikens het geen sigbare donker kringe gehad nie.

Volgens Rapport se bronne was daar op daardie wintersoggend ’n besoekende generaal by die kollege en die instrukteurs het die skuldiges sommer daar en dan by dié hoë gaan verkla. Die studente en die polisie het nie op Rapport se navrae gereageer nie.

Die kollege op die volstruisdorp was in Maart ook in die nuus toe genl. Sandra Malebe-Thema daarvan beskuldig is dat sy opdrag gegee het dat 157 rekrute wat ’n vuurwapenkursus gedruip het, “deurgesit” moet word.

Sy is ook in 2016 beskuldig daarvan dat sy ’n groep wit instrukteurs voor ’n saal vol studente oor hul bevoegdheid, velkleur en kleredrag verkleineer het.

’n Saak wat met dié voorval verband hou, gaan in September voor die arbeidshof dien. Malebe-Thema gaan ook volgende week in ’n departementele verhoor hieroor verskyn.

Meer oor:  Oudtshoorn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.