Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Studente-optog dompel Pretoria middestad in chaos
’n Padversperring van plastiek brand in die pad waar studente gister in die Pretoriase middestad oproerig geraak het. Foto: Deaan Vivier
Bykans 300 studente het betoog teen die dood van finalejaarstudent Katlego Andries Monareng wat verlede week by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se kampus in Soshanguve doodgeskiet is. Foto: Deaan Vivier

Winkels en stalletjies is Woensdag geplunder tydens ’n studente-optog wat die Pretoria middestad in chaos gedompel het.

Bykans 300 studente het betoog teen die dood van Katlego Andries Monareng, ’n finalejaarstudent wat verlede week op die Soshanguve-kampus van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) doodgeskiet is. Dit het gebeur tydens ’n verkiesing van die verteenwoordigende studenteraad (VSR) wat tot ’n bakleiery gelei het. Die polisie is ontbied en het glo met skerp ammunisie op studente losgebrand. Monareng is dood en nog ’n student is gewond.

Die optog Woensdag is vroeër deur die metropolisie verbied omdat die aansoek daarvoor te laat ingedien is.

Oproerige studente het ’n buiteband en plastiese versperrings in die straat aan die brand gesteek terwyl hulle struggle-liedjies gesing het. ’n Memorandum is by die polisie se hoofkantoor in Pretoriusstraat in die middestad aan die polisie oorhandig waarin studente onder meer vra dat die polisiestasie in Soshanguve verantwoordelik gehou moet word vir Monareng se dood. Ook dat ’n spesiale polisietaakmag op die been gebring moet word om sy dood te ondersoek. Die studente het ook die polisie voortdurend uitgejou en gevloek en geëis dat Bheki Cele, minister van polisie, hulle moet toespreek. Winkels en stalletjies in die middestad is geplunder in die proses.

Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder in Gauteng, is niemand in die optog beseer nie.

Meer oor:  Pretoria  |  Betoging  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.