Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
'Studentehuise staan wawyd oop, sonder beveiliging'

Studente is soms so nalatig dat daar al in veiligheidspatrollies by studentehuise ingestap is waar die hek, voor- en agterdeur wawyd oopstaan en geen student in sig is nie.

Frikkie Eisenberg, ondervoorsitter van die sektor 3-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), en André Grobler, voorsitter. Foto: Mlungisi Louw

Só sê André Grobler, voorsitter van die sektor 3-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Universitas, Bloemfontein, nadat Sean Kroon, ’n eerstejaarstudent in ingenieurswese aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), Saterdagaand ná ’n huisbraak in Veensingel noodlottig in die bolyf gewond is.

Die wil voorkom asof die studentewonings deur spesifiek een man geteiken word, sê Grobler.

Hy sê een van die redes waarom dié forum verlede jaar gestig is, is omdat misdaad veral in die gebied om die universiteit toegeneem het.

Weens die studente se gebrek aan veiligheidsmaatreëls het die GPF met alle belanghebbendes, insluitend verteenwoordigers van die polisie, munisipaliteit en inwoners, vergader om probleme wat betref studentehuise in dié buurt te bespreek.

Hier het hy verneem net een studentehuis in die woonbuurt is by die Manguang-metro geregistreer.

“Daarom wil ons ’n beroep doen op eienaars van studentehuise en verhuringsagente om hul huise te registreer. Nie net vir die veiligheid van studente nie, maar ook van al die inwoners in Universitas.”

Hy vra ook dat studentehuise beter onderhou word, want niemand sal ’n skurk wat in meter hoë gras wegkruip, kan sien nie.

Studentehuise moet ook beter onderhou word, want niemand sal ’n skurk wat in meter hoë gras wegkruip, kan sien nie.
André Grobler

Grobler sê ook stukkende deure en hekke en huise sonder diefwering lok misdadigers en bied maklik toegang tot huise.

Hy het huiseienaars en verhuringsagente versoek om die forum se vergaderings by te woon en op die hoogte te bly van wat in hul woonbuurt aan die gebeur is.

Grobler sê veiligheid is steeds mense se eie verantwoordelikheid en vra dat almal te alle tye voorbereid sal wees en sal seker maak dat alle deure en veiligheidshekke gesluit is en alarmstelsels aangeskakel en werkend is.

Frikkie Eisenberg, ondervoorsitter van die forum, sê hulle kan nie alleen die probleem oplos nie en hoop dat die munisipaliteit, universiteit, huiseienaars en verhuringsagente sal saamwerk om misdaad in Universitas te beveg.

Hy het die polisiebestuur van Parkweg-polisiekantoor en kapt. Andrew Jones, sektorbevelvoerder, wat baie van hul vrye tyd aan patrollies in die woonbuurt bestee, bedank vir hul hulp.

Meer oor:  Sean Kroon  |  Beveiliging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.