Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Subsidies in Oos-Kaap nou betaal

Die departement van maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap het glo reeds 90% van die agterstallige staatstoelaes aan organisasies sonder winsbejag uitbetaal.

Dit het verlede week aan die lig gekom dat die departement versuim het om staatsubsidies aan talle van dié organisasies te betaal.

Van dié organisasies het gesê hulle sit met ’n krisis, want die departement het vier maande laas betaal. Werknemers het ook gesê as dinge nie gou verander nie, loop hulle die gevaar om hul deure te sluit.

Gcobani Muswana, woordvoerder van die departement, het by navraag gesê 90% van die organisasies se toelaes is uitbetaal.

Volgens Muswana het die departement eerste aandag gegee aan tehuise vir bejaardes en tehuise waar na siek mense omgesien word.

“Die departement wil ’n verskoning rig aan almal wat deur die situasie geraak is.”

Muswana het die probleem toegeskryf aan ’n nuwe betalingstelsel wat strenger beheermaatreëls insluit.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Subsidies  |  Sassa  |  Staatstoelaes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.