Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Suid-Afrikaner kritiek ná ongeluk in Nieu-Seeland

Toe sy hoor haar seun was in ’n ernstige motorongeluk meer as 12 000 km van die huis af, het sy onmiddellik begin bid.

Lydia Dieperink (52) het Saterdagaand saam met haar man, Pierre (50), televisie gekyk by hul huis in Pretoria toe haar dogter haar kontak om te laat weet dat haar seun, Jenz Meiring (25), vroeër die dag in ’n ernstige motorongeluk in Auckland, Nieu-Seeland, was.

Jenz Meiring (25), ’n Suid-Afrikaner, wat in kritieke toestand in ’n hospitaal in Auckland, Nieu-Seeland, is nadat hy Saterdagaand in ’n ernstige motorongeluk was. Foto: Verskaf

“Ek was in totale skok. Ek het op daardie oomblik nie gedink Jenz gaan die ongeluk oorleef nie,” sê Dieperink.

Die polisie in Perth, Australië, het in die middernagtelike ure vir Nicole Meiring (31), Dieperink se dogter, kom wakker klop by haar huis en haar oor Jenz se ongeluk ingelig.

Nicole woon sedert 2019 in Perth.

Jenz het Saterdag rondom 23:00 Nieu-Seelandse tyd in Pakuranga-rylaan in Howick, Auckland, teen ’n betonmuur vasgery nadat hy vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor het.

Hy is deur nooddienste na die Auckland-hospitaal gebring.

“Die polisie vermoed hy het beheer verloor in ’n harde reënbui wat uitgesak het,” sê Dieperink.

Jenz Meiring (25), ’n Suid-Afrikaner, is in kritieke toestand in die Auckland-hospitaal in Nieu-Seeland nadat hy Saterdagaand in ’n ernstige motorongeluk was. Foto: Verskaf

Sy sê Jenz het verskeie ernstige beserings opgedoen in die ongeluk.

“Hy het breinskade aan die regterkant van sy brein, sy kakebeen is gebreek, sy regterlong is beskadig, sy lewer en bekken het seergekry en verskeie ribbes is ook gebreek. Hy is ook in ’n geïnduseerde koma geplaas,” sê Dieperink.

Jenz het reeds twee operasies gehad en word tans in die waakeenheid by die hospitaal versorg.

“Vandag (Dinsdag) gaan dit beter met hom. Hulle het hom nou met ’n voedingsbuis begin voed. Hulle gaan ook begin om hom uit die koma te haal. Die dokter is baie tevrede met sy vordering. Hy het self begin beweeg wat ’n baie goeie teken is,” sê Dieperink.

Jenz woon sedert 13-jarige ouderdom in Nieu-Seeland en werk deesdae as ’n werktuigkundige in Auckland.

Dieperink het Jenz twee jaar laas gesien.

Sy pa is in motorongeluk in Suid-Afrika dood.

Sy gesin het ’n Go Fund Me-blad gestig sodat Dieperink haar seun kan gaan bystaan.

“Dit is moontlik om soontoe te reis met ’n krisis-visum. Weens die pandemie kry ek nie meer my volle salaris nie en my man is ook afgelê. Ek sal ook twee weke in kwarantyn moet wees in Nieu-Seeland. Dit alleen kos byna $3 200. Die vlugte is ook ontsettend duur,” sê sy.

Meer oor:  Auckland  |  Nieu-Seeland  |  Ongeluk  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.