Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Sunday Times gee omstrede pryse terug

Sunday Times gaan die prysgeld en joernalistieke toekennings teruggee wat hy gekry het vir sy omstrede beriggewing oor sogenaamde polisie-moordbendes in KwaZulu-Natal, die “rogue unit” van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die onwettige deportasie van Zimbabwiërs.

Bongani Siqoko, huidige redakteur, skryf in Sondag se koerant die redaksie het die afgelope paar weke diep nagedink oor dié beriggewing in 2011 deur ’n span senior joernaliste. Hy skryf hoewel hulle “net die waarheid nagejaag het en nie enige van die stories vir politieke, finansiële of persoonlike gewin geskryf nie, het iets skeefgeloop in die proses van inligtinginsameling en verslagdoening”.

“Dit is duidelik dat ons foute gemaak het en toegelaat het dat ons gemanipuleer word deur mense met verborge motiewe.”

Ons was so trots daarop om deur ons portiergroep erken te word, maar om hierdie toekennings te aanvaar sal ’n hoër joernalistieke ideaal negeer.
Bongani Siqoko, huidige redakteur

Siqoko skryf terwyl die span senior joernaliste hierdie stories ondersoek het, was daar klaarblyklik ’n “parallele politieke projek aan die gang om ons demokratiese waardes te ondermyn, staatsinstellings te verwoes en om individuele te verwyder wat as struikelblokke hiervoor beskou is”.

“Ons erken dat ons stories moontlik vir dié doel misbruik is. Dit is hierdie projek wat ook ons beriggewing oor die SAID bevlek het.

“Ons vra om verskoning dat ons toegelaat het dat ons stories vir dié doel misbruik is.”

Siqoko sê hulle was nie bewus van die parallele projek nie, maar besef hulle moes indringender vrae gevra het omdat dít die werk van joernaliste is.

“Ons het Suid-Afrika gefaal. Ons het diepe berou daaroor.

“Dit beteken nie noodwendig dat dié magte gestop sou gewees het as ons nie die stories geskryf het nie. Moes ons hierdie stories geïgnoreer het as ons die parallelle projek ontdek het?

“Nee, daar was, en is, ’n middeweg wat ons moes geneem het.

“Ons het julle gefaal deur toe te laat dat sinistere magte – wat buig of bars ons instansies wou verwoes – ons vertroue misbruik. En sommige van ons stories gebruik het om hul doelwitte te bereik. Ons het onbedoeld ons stories bederf deur ons verslaggewing nou te fokus op insidente sonder om die breër prentjie te skets van faksiegevegte en politieke gestoei agter die skerms – in die ANC, die regering, staatsinstelling en wetstoepassers.”

Hy skryf as dit beteken Sunday Times moet kenners van buite inbring om te kyk hoe om te midde van sulke magtige manipuleerders die waarheid na te jaag, sal hy.

“Ons was so trots daarop om deur ons portiergroep erken te word, maar om hierdie toekennings te aanvaar sal ’n hoër joernalistieke ideaal negeer.

“Dit is hoekom ons al die toekennings en prysgeld sal teruggee.”

Meer oor:  Sunday Times  |  Pryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.