Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Superhelde’ red Mina Moe

Mina Moe bly in Virginia in die Vrystaat en sy is Vrydagnag deur ’n span superhelde gered nadat sy vier dae lank in ’n ondergrondse besproeiingskanaal oorleef het.

Mina Moe is ná haar ontberings te swak en sy kan nog nie staan nie. Mense het haar met ’n kombers toegemaak toe hulle haar uiteindelik uit die kanaal kon red. Foto: verskaf

Thea Smit van Virginia se dierebeskermingsvereniging (DBV) sê dit was soos ’n rolprent om te sien hoe almal net doen wat hulle moet om ’n koei te red wat in waterkanaal vasgesit het.

Die reddingspan het Mina Moe onder in die skag, wat 6 m diep is, met toue vasgemaak en na bo gehys. Foto: Verskaf

Sy sê ’n kind het Vrydag ’n bees hoor bulk, in die skag van ’n mangat afgekyk en ’n koei onderin gesien.

Die waterkanaal behoort aan die Sandvet-besproeiingskema en voer water na die gevangenis en boere wat besproeiingswater ontvang.

Diewe steel die mangatdeksels en dan val diere in die kanaal in.

Smit sê mense van die Meloding-township het die DBV se hulp ontbied.

Sy sê dit was baie ontstellend om die gebulk en die gespartel van die bees te hoor.

Sy het dit in ’n stadium oorweeg om te hoor of iemand bereid sou wees om in die skag af te sak en die koei te skiet sodat sy ten minste uit haar lyding verlos kon word.

Maar toe kom die “superhelde” tot Mina Moe se redding.

Smit het op sosiale media om hulp gevra en reddingspanne van omliggende myne het sonder om te huiwer opgedaag om te kom help.

Om die koei te red was glad nie ’n maklike taak nie.

Die mans het hulself met toue geanker wat aan ’n voertuig vasgemaak is en in die skag afgesak.

Dit het Danie van der Watt, Faffa Fouché en Peet Eloff bykans ses ure geneem om Mina Moe veilig in ’n harnas te kry en versigtig na bo te laat hys, sê Smit.

Niemand het een keer gevra wie se bees dit is nie, dit het daaroor gegaan om ’n dier te red.
Lede van omliggende myne se protospanne glimlag breed toe hulle die koei uiteindelik gered het. Foto: Verskaf

Die drie kon nie in die kanaal staan nie en moes terwyl hulle in die koue water hang die verwilderde dier kalmeer voordat hulle haar kon help.

Dit was toe reeds donker.

Hulle het haar kop toegemaak om haar te kalmeer.

Die skag van die mangat is 1.2 m by 1.2 m en 6 m diep, sê Smit.

Uiteindelik ná ure se geswoeg kon Mina Moe onder groot toejuiging na veiligheid gehys word.

“Niemand het een keer gevra wie se bees dit is nie, dit het daaroor gegaan om ’n dier te red.”

Smit sê Mina Moe, soos die omstanders haar gedoop het, is onmiddellik met ’n kombers toegegooi.

Sy was te moeg om op te staan. Hulle kon haar ook nie op ’n sleepwa gelaai kry nie en Ernest Khakhau, Mandela Phakira en Samuel Mafethe van die DBV het deur die nag by haar gewaak.

Saterdagoggend het die mans vir Mina Moe ’n skuiling teen die son geprakseer totdat sy na die DBV se terrein verskuif kon word.

Smit sê Mina Moe eet goed maar wil nog nie opstaan nie.

Meer oor:  Dbv  |  Virginia  |  Koei  |  Reddingspoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.