Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Susters van Citrusdal sterf saam in gru-ongeluk

Dit is ’n harde, seer slag.

So sê Alie Smit, broer van die susters, Elsa (58) en Nicolette (51) Smit van Citrusdal, wat Saterdagmiddag saam in ’n motorongeluk op die pad tussen Velddrif en Piketberg dood is.

“Elsa het Vrydag nog verjaar en Saterdag is sy dood,” sê ’n hartseer Smit.

Hy sê sy susters het Saterdag saam met twee vriende gaan eet toe die ongeluk omstreeks 17:00 op pad terug na Citrusdal gebeur het. Volgens Smit het Nicolette die motor bestuur. Na bewering het ’n aankomende motor by die afdraai na Goedverwacht voor Nicolette-hulle ingedraai. Die susters is op die toneel dood. ’n Voetganger is ook tydens die ongeluk getref.

Dis onbekend hoeveel mense in die ander motor was, maar hulle is blykbaar nie beseer nie.

Elsa en Nicolette Smit. Foto: Facebook

Hy sê Nicolette was nog by haar volle positiewe op die ongelukstoneel. “Maar ons dink sy het inwendige beserings opgedoen.”

Volgens hom het Elsa agter Nicolette in die motor gesit.

Die susters se vriende is ook beseer. Die een is met gekraakte rugwerwels en die ander met ’n gat in die long en ’n enkelfraktuur vanaf ’n plaaslike hospitaal na ’n hospitaal in Kaapstad oorgeplaas.

“Hulle toestand is redelik bestendig,” sê Smit.

Volgens Smit het Nicolette ’n hoë pos in die Citrusdal-hospitaal se administratiewe afdeling beklee en Elsa het by ’n wynkelder gewerk. Die susters is nooit getroud nie en Smit het ná sy egskeiding by hulle gaan bly. Die susters het reeds meer as 20 jaar in Citrusdal gebly.

Hulle het nog ’n suster, Christine Basson van Sedgefield, wat Sondag na Citrusdal op pad was.

Huldeblyke vir die susters het oop Facebook ingestroom waar mense hulle skok en ongeloof oor hul dood uitgespreek het.

Volgens inskrywings op Facebook “is twee lieflinge van Citrusdal kom haal deur ons Vader” en het mense nie woorde nie. Hulle weet net dat hulle die Paasnaweek iets baie kosbaar verloor het luidens een inskrywing.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag, sê sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, by navraag.

Meer oor:  Citrusdal  |  Sterf  |  Motorongeluk  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.