Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Swaar reën oor dele van Kaap verwag

Swaar reën kan Vrydag oor dele van Kaapstad, die Overberg-distrik en die suidweste van die Kaapse Wynlande-distrik in die Wes-Kaap voorkom.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat dit selfs tot oorstromings op sommige plekke kan lei.

Hewige donderstorms kan ook van Donderdag tot Vrydag oor groot dele van die Oos-Kaap voorkom.

’n Kouefront sal na verwagting teen Donderdagmiddag die Wes-Kaap bereik en reën word vir Vrydag en Saterdag oor die grootste gedeelte van die Wes- en Oos-Kaap voorspel.

Teen Vrydag is daar ’n 80%-kans op reën en donderweer die oggend in Kaapstad, die Paarl, Malmesbury, Langebaan, Hermanus, Grabouw en Kaap Agulhas, met buie teen die middag.

In Vredendal, Clanwilliam, Redelinghuys, Riversdal, Mosselbaai, George, Plettenbergbaai, Worcester, Laingsburg, Beaufort-Wes, Oudtshoorn en Ceres is daar ’n 60%-kans op reënbuie en donderweer.

In die Oos-Kaap is daar ’n 30%-kans op reënbuie in Port Elizabeth en Uitenhage die oggend, met reën en donderweer teen die middag.

Vir Port Alfred, Grahamstad, Fort Beaufort en Cradock word bewolkte weer verwag en ’n 30%-kans op reën en donderbuie teen die middag.

Vir Oos-Londen, Joubertina, Graaff-Reinet, Bhisho, Mthatha en Queenstown is daar ’n 60%-kans op reën en donderbuie.

Saterdag is daar ’n 30%-kans op reën in die Suidwes-Kaap, met ’n 60%-kans in die Suid- en Oos-Kaap.

Vir Kaapstad, die Paarl, Worcester, Ceres, Hermanus, Grabouw, Kaap Agulhas, Malmesbury, Langebaan, Redelinghuys, Clanwilliam en Vredendal word ’n 30%-kans op reënbuie voorspel.

Vir Maandag word mooiweer met temperature van tot hoër as 30 °C vir die Wes-Kaap voorspel, met bewolkte weer oor die Oos-Kaap.

’n 60%-kans op reënbuie word vir Riversdal, Mosselbaai, George, Beaufort-Wes en Oudtshoorn voorspel.

In die Oos-Kaap is daar ’n 60%-kans op reën in Port Alfred, Oos-Londen, Port St. Johns, Graaff-Reinet, Grahamstad, Bhisho, Fort Beaufort, Mthatha en Queenstown.

Daar is ’n 30%-kans op reën in Port Elizabeth, Uitenhage, Joubertina en Cradock.

Teen Sondag word mooiweer en koel temperature oor die Suidwes-Kaap en die Weskus verwag, met gedeeltelik bewolkte weer oor die Suid-Kaap.

In die Oos-Kaap is daar ’n 60%-kans op reënbuie in die grootste gedeelte van die provinsie.

Vir Port St. Johns en Mthatha word ’n 80%-kans op reën en donderbuie voorspel.

Vir Port Elizabeth, Uitenhage, Port Alfred, Oos-Londen, Joubertina, Graaff-Reinet, Grahamstad, Bhisho, Fort Beaufort, Cradock en Queenstown is daar ’n 60%-kans op reënbuie.

Vir Maandag word mooiweer met temperature van tot hoër as 30 °C vir die Wes-Kaap voorspel, met bewolkte weer oor die Oos-Kaap.

Vir Port St. Johns en Mthatha is daar ’n 60%-kans op reën, en ’n 30%-kans vir Oos-Londen en Bhisho.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.