Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Swaar verkeer op Wes-Kaapse paaie

Die paaie in die Wes-Kaap is druk besig met die begin van die Paasnaweek.

Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer, sê sedert 05:00 is daar hoë verkeersvolumes.

Die verkeersowerhede het dié swaar verkeer verwag en Bakker sê dit is omdat mense al ’n jaar lank wag om uiteindelik bietjie weg te kom.

Dit is veral die hoofroetes op die provinsie se paaie wat die meeste verkeer dra:

• die N7 en R27 aan die Weskus;

• die N1 wat veral ook ’n hoofroete vir openbare vervoer na die Oos-Kaap, Vrystaat en Gauteng is;

• en ook die N2 wat ’n hoofpad is na kusdorpe.

Bakker sê die verkeer was reeds Donderdag druk met verkeer wat op die N2 tussen Somerset-Wes en Mosselbaai op plekke byna stilgestaan het.

Daar is geen ernstige ongelukke aangemeld nie.

Volgens Bakker is die toename in verkeer wat stilstaan in die noodbaan en ander voertuie wat dan in hulle vasry, kommerwekkend.

Indien jy 160 km/h in ’n 120 km/h sone ry, gaan jy tronk toe.

Dit word toegelaat vir stadige verkeer om in dié baan te ry om vinniger verkeer te laat verbygaan, maar motoriste moet dit slegs doen waar dit veilig is en ’n bestuurder minstens 150 m voor jou kan sien. Moenie in die noodbaan ry in die donker nie.

Bakker sê daar is egter geen wetgewing wat sê dat stadiger verkeer die noodbaan moet gebruik nie, so motoriste wat hul ligte flits om verby te gaan, kan as intimiderende padgebruikers beskou word

Hy sê spoed bly altyd ’n probleem op die paaie, veral daardie mense wat meen hulle kán vinnig ry want hulle weet hoe om te bestuur en dat dit ander stadiger verkeer is wat ongelukke veroorsaak – dit is ’n mite.

Verkeersowerhede gaan die langnaweek ekstra spoedlokvalle hê en Bakker het gewaarsku bestuurders sal in hegtenis geneem word. Indien ’n bestuurder 90 km/h in ’n 60 km/h sone ry, kan die persoon in hegtenis geneem word. “Indien jy 160 km/h in ’n 120 km/h sone ry, gaan jy tronk toe,” waarsku Bakker.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Paaie  |  Paasnaweek  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.