Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Swart sakelui wil voordeel trek uit SA kernprogram
Die Koeberg-kernkragsentrale naby Kaapstad is tans Suid-Afrika se enigste kernkragstasie.

Ondernemings in swart besit is besig om hulself te posisioneer om voordeel te trek uit Suid-Afrika se multimiljardrand-kernkragbouprogram.

Die Kernenergieagentskap van Suid-Afrika (Necsa) en Black Business Council (BBC) het aangekondig dat hulle ’n kernkragenergiekantoor vir sakelui geskep het.

Luidens ’n mediaverklaring wat deur die BBC uitgereik is, sal dit aan sakeondernemings in swart besit die platform bied vir interaksie met Necsa en ander rolspelers oor die bouprogram, asook vir netwerksessies en om inligting te deel.

Suid-Afrika beplan ’n massiewe kernkragbouprogram waarmee die land 9600 MW krag wil opwek.

Die BBC het die voorbereidings vir Suid-Afrika se kernkragbouprogram en potensiële geleenthede vir swart Suid-Afrikaanse besighede op Vrydag se vergadering met Necsa bespreek. Necsa het ’n voorlegging aan die BBC verskaf oor die bouprogram, insluitend die regering se plan vir “massiewe industrialisasie”.

“Ons kan nie dieselfde foute van die verlede maak nie. Die kernkragprogram behoort tot die industrialisasie van Suid-Afrika te lei met betekenisvolle deelname deur swart sakepraktisyns,” het Phumzile Tshelane, uitvoerende hoof van Necsa, luidens die verklaring gesê.

Volgens die verklaring is die BBC en sy lede, aldus sy president, Ndaba Ntsele, gereed om geleenthede aan te gryp wat uit die program sal spruit. “Ons sal nie blote toeskouers wees nie – ons moet met die regering en ander rolspelers in gesprek tree namate die program ontvou. Die program moet op alle vlakke plaaslike inhoud hê.”

’n Lys van maatskappye in swart besit wat in verskeie aspekte van die kernkragprogram kan deelneem, in ooreenstemming met die BBC se doelwit om swart deelname in die hoofstroomekonomie te verseker, sal dadelik deur die kantoor opgestel word.

Meer oor:  Necsa  |  Bbc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.