Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Swartbergpas: Instandhouding begin gou
Die SwartbergpasFoto: Verskaf

Belangrike instandhoudingswerk word van 27 November tot 5 Desember aan die Swartbergpas by Oudtshoorn in die Klein-Karoo gedoen.

Die Garden Route-distriksmunisipaliteit sê die werk sal elke dag van 09:00 tot 15:30 gedoen word. ’n Stop-en-ry-stelsel sal van toepassing wees.

Padgebruikers kan ’n alternatiewe roete gebruik tussen Oudtshoorn en Prins Albert deur Meiringspoort (N12).

Motoriste word gevra om ag te slaan op padwerkerspanne se aanwysings en by die spoedbeperking te hou. Wanneer daar nie vlag-operateurs is nie, moet motoriste op padverkeerstekens let. Padskouers kan baie nou wees.

Slaggate en padverwante kwessies kan aangemeld word by info@gardenroute.gov.za. Die distriksmunisipaliteit benodig die slaggat se spesifieke ligging sodat herstelwerk so gou moontlik gedoen kan word.

Meer oor:  Padwerke  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.