Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Swartmamba van 2,6 m uit en tuis in huis

’n Ongenooide gas het benoude huiseienaars van Verulam in KwaZulu-Natal genoop om inderhaas ’n slangvanger te bel.

Jason Arnold, slangvanger en eienaar van The Snake Man, het tot hul redding gekom deur die 2,6 m lange slang te vang.

“Hulle (swartmambas) is gewoonlik tussen 2,2 m en 2,4 m lank, so enigiets groter as dit word as groot geag,” sê Arnold, wat al 22 jaar lank slange vang.

“Die grootste swartmamba wat ek al gevang het, was 3,1 m lank, maar hulle kan tot 4 m lank word.”

Jason Arnold met die 2,6 m lange swartmamba wat hy die naweek in Verulam, KwaZulu-Natal, gevang het.Foto: The Snake Man

Arnold sê swartmambas is uiters gevaarlik omdat hul gif die senustelsel aantas. Dit kan lei tot verlamming, versmoring en uiteindelik die dood.

“Dis wel belangrik dat mense weet swartmambas is nie aggressiewe slange nie. Hulle wil nie mense pik nie,” sê hy en voeg by dat mense wat slange teëkom­ liefs nie self die slang moet probeer vang nie.

“Slange weet nie wat jou bedoelings is nie en hulle is bang vir mense. As hulle voel hul lewe­ word bedreig, gaan hulle optree om hulself te beskerm.

“Laat die hantering van slange eerder oor aan diegene wat dit professioneel doen. Op dié manier verminder jy die risiko om gepik of gespoeg te word.”

Arnold sê die huiseienaars wat die swartmamba teëgekom het, was baie benoud, maar het reg opgetree. “Hulle is bekommerd dat daar dalk nog slange op hul eiendom wegkruip. Hulle het my nommer op speed dial.”

Om die spesifieke slang te vang was uitdagend, aangesien die huiseienaars nie ’n ogie oor hom gehou het nie.

“Ek moes deur ’n deurmekaar pakkamer en beboste gebied agter die pakkamer soek, maar ek het hom gekry.”

Die slang is sedert Sondag in Arnold se besit, maar gaan binnekort in die natuur vrygelaat word.

Meer oor:  Verulam  |  Huis  |  Slang
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.