Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Sy het haar ma se beeld gesien, toe spring sy’

Sy het ’n beeld van haar oorlede ma buite die venster gesien. Toe spring sy.

So vertel ’n broer van Taylië Chamondré Jaap (19), ’n BSc-student in haar eerste jaar aan die Universiteit Stellenbosch (US), wat net meer as twee weke gelede twee verdiepings ver uit die Serruria-koshuisgebou geval het.

“Hoe is ’n mens veronderstel om iets te verwerk waarmee jy nog nooit vantevore te doen gehad het nie?” vra hy met verwysing na haar ma se dood.

Haar ma, Alicia Jaap, is in 2011 wreed aangerand en het as gevolg hiervan ’n ernstige beroerte gehad, berig Huisgenoot. Sy is in 2016 dood.

Lees ook: Aanneemouers gebroke ná Matie se 2-verdieping val

 Taylië Chamondré Jaap
Taylië Chamondré Jaap

Die broer, wat nie geïdentifiseer wil word nie omdat die familie nie gemaklik voel om oor die gebeure te praat nie, sê dit was vir Jaap moeilik om haar ma se dood te verwerk. “Hulle het ’n baie hegte band gehad, die een kon nie sonder die ander nie.”

Hy ontken gerugte dat drank ’n rol gespeel het.

Sy sterk maar moeilik aan, sê hy. “Net sodra ons dink dis ’n tree in die regte rigting, dan is dit weer twee treë agteruit.”

Met Netwerk24 se besoek het sy doodstil in die bed gelê en uitgemergel gelyk. Sy het soms haar oë vir ’n rukkie oopgemaak, maar het nie op die mense om haar gereageer nie.

Haar hospitaalbed is omring met blomme, word-gou-gesond-kaartjies en sjokolade van ondersteuners.

Haar broer sê die familie waardeer die ondersteuning geweldig en dat sy suster dit alles sal kan geniet as sy weer op die been is.

Hy en ’n familievriend het Maandagaand weer langs haar bed gebid: “Here, ek staan klein en ongelooflik nederig voor U vanaand.

“U ken ons familie se seer wat ons tans moet dra.

“Ons familie het al soveel keer in die verlede uitmekaar gespat, maar ons erken dat U ons bymekaar wil bring in U naam deur ons sterker te maak, ons een te maak.

“Vanaand, glo ons dat U vir Taylië ten volle sal genees en haar styf vashou, ek bid dit in U Heilige en Almagtige naam.”

Sy oë is oop terwyl hy bid. “Jy moet die Here oop oë in die gesig staar, onbeskaamd.”

Met trane in sy oë kyk hy na sy suster. Hy sê as haar ma nog hier was, sou dinge anders gewees het. Haar ma “was al wat daardie kind staande gehou het”.

Die gebou waaruit Taylië Jaap geval het. Foto: Edrea du Toit

Sy is volgens hom nie iemand wat sommer haar emosies wys nie. Sy het “alles op haar eie manier verwerk – in stilte . . . alleen”.

Iemand wat tydens die voorval saam met Jaap in die kamer was, het die gebeure aan die familie beskryf.

“Wat gebeur het is eenvoudig: Sy het teruggekom van die ‘biblioteek’ af, skaars haar goed neergesit, haar ma gesien en gespring, daar is niks meer of niks minder nie,” vertel hy.

Rapport het vroeër berig dat sy omstreeks 01:00 tuisgekom het nadat sy in die Neelsie-studentesentrum vir die eksamen gestudeer het.

Haar broer meen Jaap het gemengde emosies ervaar toe sy die visioen van haar ma sien. “Sy was waarskynlik opgewonde, bang en net gereed om in haar ma se arms te spring.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.