Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Taalbeleid sal SAPD se diens belemmer, sê kenner

“Die nuwe taalbeleid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in ’n streek soos die Noord-Kaap is nie volhoubaar nie en sal dienslewering benadeel,” het dr. Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad (ATR), Maandag gesê.

“Ons doen ’n beroep op die polisie om die dispuut wat weens die beleid ontketen is, by wyse van gesprek en konsultasie op te los.”

Dr. Conrad Steenkamp

Dít nadat die Noord-Kaapse provinsiale polisiebestuur op 5 September 2016 opdrag gegee het dat alle verklarings van die publiek voortaan in Engels afgelê moet word.

Polisielede moet ook alle verklarings wat in Afrikaans afgelê word, in Engels vertaal.

Polisielede wat nie aan die opdrag gehoor gee nie, kan dissiplinêr aangekla word.

Volgens Ria Olivier, ATR-programbestuurder, sal die beleid ’n wig tussen die gemeenskappe en die SAPD indryf.

“Die polisie kan nie goeie diens aan die gemeenskap lewer as hulle nie die gemeenskap se taal gebruik nie. Die polisie se eie werk sal ook hieronder ly. Nie sommer enige tweetalige mens kan vertalings doen nie, en verklarings wat op hierdie manier afgeneem is, sal onbetroubaar wees en hofsake beduiwel.”

Volgens Steenkamp vorm die SAPD se skuif in die Noord-Kaap ongelukkig deel van ’n wyer patroon wat veel verder as Afrikaans strek.

“Die verengelsing van die staat val onbewustelik terug op Britse koloniale idees oor taal en die beheer van onderdanige bevolkings. Wyle prof. Neville Alexander het reeds in die 1990’s gemaan dat meertaligheid ’n voorvereiste vir demokrasie in Suid-Afrika is.”

Die Taalraad hoop dus om binnekort met die Noord-Kaapse polisie in gesprek te kan tree oor die nuwe taalbeleid.

Meer oor:  Sapd  |  Noord-Kaap  |  Taalbeleid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.