Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tafelberg-brand deur iemand in voertuig gestig

Die verwoestende brand op Tafelberg in April vanjaar is nie deur ’n hawelose mens gestig nie, dit was iemand in ’n voertuig, blyk uit ’n ondersoek.

Op kringtelevisiemateriaal kan gesien word hoe ’n voertuig langs die skouer van Philip Kgosana-weg stadiger ry en hoe iets vermoedelik by die voertuig uitgegooi word.

So het Rob Erasmus van Enviro Wildfire Services, wat die ondersoek behartig het, Donderdag gesê.

Daar is nou ’n beloning van R10 000 uitgereik vir inligting oor wie in die voertuig was.

Rob Erasmus, ondersoeker van Enviro Wildfire Services, praat Donderdag oor die ondersoek na die verwoestende brand in April op Tafelberg. Foto: Ané van Zyl

Erasmus sê die inligting oor die voertuig en die getal insittendes word vir eers nie bekend gemaak nie omdat ondersoekers die inligting wat hulle moontlik ontvang met die beeldmateriaal wil verifieer.

Die voertuig se nommerplaat is nie sigbaar nie.

Die voertuig het nie heeltemal tot stilstand gekom nie en niemand het uitgeklim nie. Ondersoek word ingestel om te bepaal wat die insittendes by die venster kon uitgooi om die brand te stig.

Die brand het ’n ent van die pad af begin, het Erasmus en sy span vasgestel op grond van video’s van vliegtuie, drawwers en stappers en lede van die publiek wat bestudeer is. Dit is nie bekend hoe ver van die pad af die oorsprong was nie.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid in die Kaapstad-metro, sê hy gaan Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, nader oor die moontlikheid om die beloning groter te maak.

“Ons personeel is in hierdie brand beseer. Ons hulpbronne is uitgeput en daar was skade aan private eiendom en historiese geboue. Ek is seker ons burgemeester sal dit oorweeg,” sê Smith.

Die brand het op 18 April begin en sowat 650 hektaar het afgebrand. Verskeie geboue van die Universiteit van Kaapstad is in die brand vernietig, onder meer die Jagger-biblioteek.

Mense met inligting oor wie die stigter(s) kan wees, kan Erasmus kontak by enviro@absamail.co.za.

Meer oor:  Tafelberg  |  Voertuig  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.