Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Taliep Petersen se pa dood

Die familie van die musieklegende Taliep Peterson is baie ontsteld omdat hulle nie sy pa, Ladeen, wat Vrydag dood is, Saterdag kan begrawe nie.

Shaan, Taliep se jongste broer, sê sy pa het reeds voor sy 91ste verjaarsdag op 12 Julie siek geword. “Dit is maar van ouderdom. Dit was geen ernstige siekte nie.”

Ladeen Petersen, die musieklegende Taliep Petersen, se pa wat Vrydag dood is. Foto: Sharief Jaffer

Hy sê dit is “nonsens en onaanvaarbaar” dat hulle nie hul pa Saterdag in die begraafplaas in Soutrivier, waar hul oupa se graf is, kan begrawe soos wat Ladeen se wens was nie.

Die personeel by Soutrivier het glo voorgestel dat Ladeen Vrydagaand “vinnig” begrawe word voor die inkloktyd, wat volgens die familie onmoontlik sou wees.

Dié Moslembegraafplaas het toe voorgestel dat hulle die lyk tot Sondag hou wanneer hy begrawe kan word. Dit het die familie verder omgekrap.

“Die Moslems begrawe hul mense so gou moontlik. Ons is woedend hieroor.”

Ladeen gaan nou Saterdag om 10:00 in die Moslembegraafplaas in Johnsonweg, Koeberg, begrawe word.

“Jy het die reg om jou geliefde in die graf te besoek op ’n Saterdag. Hoe gaan jy voel as jy nie toegang tot jou geliefde kan kry nie? Ons pa is nie eens dood aan Covid-19 nie.”

Shaan beskryf sy pa as iemand wat gedoen het wat sy hande gevind het om te doen. “Hy was regtig a Jack of all trades.”

Ladeen het grootgeword in Distrik Ses en het tot voor sy dood in Manenberg gewoon. Hy word oorleef deur Galiema, sy tweede vrou, 12 kinders, kleinkinders asook agterkleinkinders.

Meer oor:  Taliep Petersen  |  Soutrivier  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.