Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Talle bring hulde ná Bob Mabena se dood
Bob MabenaFoto: Facebook

Bob Mabena (51), aanbieder van Power 98.7 se ontbytprogram, is Maandag aan ’n hartaanval dood.

Die radiostasie het die nuus van die bekende aanbieder se dood in ’n verklaring bevestig.

Mabena se loopbaan het gestrek oor meer as drie dekades. Hy het as 19-jarige sy eerste pos as aanbieder op die destydse Bop Radio gekry. Van die radiostasies waarvoor hy gewerk het, sluit in Metro FM, Kaya FM en Highveld Stereo. Op televisie was hy veral bekend as medeaanbieder van die SAUK se Studio Mix, saam met Melanie Son (nou Bala). As DJ en sanger het hy verskeie albums uitgereik en in 1994 ’n Sama gewen vir die beste rap-liedjie met “Get Funky”.

Die hutsmerk #RIPBobMabena was Maandag laatmiddag boaan die lys van Twitter-onderwerpe met meer as 10 000 twiets.

Eusebius McKaiser, voormalige radioaanbieder van 702, het op Twitter geskryf hy was ’n radioaanbieder wat dit laat lyk het of dit die maklikste ding is om te doen, omdat hy so goed was. “Jou passie het gemaak dat ons jou na elke platform gevolg het. Dankie vir 30 jaar van funk.”

Prof. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, skryf: “Hartseer oor die nuus oor die ontydige dood van Bob Mabena. Nog ’n verlies aan talent vir ons land. Opregte meegevoel aan die

Politieke partye het ook hul medelye uitgespreek.

“Die heengaan van Mabena is ’n verlies vir die vermaaklikheidsbedryf en vir radio-aanhangers landwyd en in die buiteland. Mabena was jare lank ’n konstante teenwoordigheid in huise in Suid-Afrika. Hy het verskeie sake van nasionale belang met sjarme, respek en ’n allesomvattende en inklusiewe manier aangepak,” lui ’n verklaring van die ANC.

Die DA skryf in ’n verklaring Mabena was nie net ’n legende op lug nie, hy was ook ’n pionier en rolmodel vir baie van Suid-Afrika se grootste omroepers. “Mabena het meer as drie dekades ons nasie vermaak met sy musiek en radioprogramme. Hy was ’n reus in die mediabedryf, wat ’n onuitwisbare bydrae in musiek, kuns en die uitsaaiwese gelewer het.”


Meer oor:  Bob Mabena
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.