Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Talle dood weens inisiasie, veral in Oos-Kaap

Sedert die inisiasietyd ’n paar weke gelede begin het, is daar veral in die Oos-Kaap ’n toename in sterftes.

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) sê 34 sterftes is weens inisiasie aangemeld, waarvan 20 in die Oos-Kaap is.

“Agt is in die Vrystaat dood, drie in Noordwes, twee in die Wes-Kaap en een in die Noord-Kaap,” het die departement Vrydag in ’n verklaring gesê.

Dr. Zweli Mkhize, hoof van dié departement, het Donderdag saam met tradisionele leiers in die Oos-Kaap by die Nqadu-paleis in Willowvale vergader oor hoe om verdere sterftes tydens die tradisionele ritueel van die ulwaluko (tradisionele besnydenis) te voorkom.

Foto ter illustrasie. Foto: Argief

Hy het ’n “produktiewe vergadering” gehad met verteenwoordigers van die nasionale huis van tradisionele leiers, asook met die Oos-Kaapse huis van tradisionele leiers oor die riglyne van die Xhosa-karnavalvieringe wat deur koning Zwelonke Sigcawu aangebied word.

“Terwyl ons vroeër vergader het, het ek ’n duidelike gevoel van al die leiers en amakhosi (tradisionele leiers) gekry dat hulle baie bekommerd is en diep omgee vir die lewens van die ingewydes en sal sterftes ten alle koste wil vermy,” het hy gesê.

Mkhize sê die amakhosi is desperaat om saam met die regering en mediese dokters te werk om verdere sterftes te voorkom, wat sedert 2012 al meer as 400 is.

“Daar was ook ’n algehele eenstemmigheid om die ooreenkoms wat tussen die amakhosi en regeringsdepartemente gemaak is, te laat herleef en weer te implementeer, wat gehelp het om die getal sterftes in 2015 te verminder. Dit is ’n positiewe stap,” het Mkhize gesê.

Gedurende die tweede week van Januarie sal hy nog ’n vergadering byeenroep, “om te fokus op die versekering van geen sterftes en verminking”.

News24 het Sondag berig die sterftes van ingewydes in die Oos-Kaap het daartoe gelei dat ongeveer 30 sake geopen is teen tradisionele chirurge wat onwettige inisiasieskole in die provinsie bedryf.

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/eastern-cape-leads-with-death-toll-of-initiates-this-season-20181229

Meer oor:  Zweli Mkhize  |  Oos-Kaap  |  Willowvale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.