Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Talle mense spring in om 4 000 studente te help voed

Die hulporganisasie Gift of the Givers vaar “baie goed” in sy pogings om kos te verskaf aan 4 000 studente van die Universiteit van Kaapstad (UK) wat Sondag weens die verwoestende brand hul woonplekke moes ontruim.

Die stigter, Imtiaz Sooliman, het gesê hulle verskaf drie maaltye per dag aan die studente, asook twee maaltye per dag aan 160 brandbestryders.

Daarbenewens is pakke met voorraad vir persoonlike higiëne aan die 4 000 studente verskaf.

Intussen het die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) ook gevra dat maaltye verskaf word aan 290 van sy studente wat as ’n voorsorgmaatreël hul blyplekke moes ontruim, het Sooliman gesê.

“Die UK-raad het bystand vir ses tot sewe dae gevra, maar soos dinge nou lyk, gaan dit langer duur.”

Volgens Sooliman is die behoefte aan seep, tandepaste en ander produkte vir persoonlike higiëne oorweldigend.

Die UK-raad het bystand vir ses tot sewe dae gevra, maar soos dinge nou lyk, gaan dit langer duur.

Spanne van Gift of the Givers het die oggend plekke besoek waar studente gehuisves word. Hulle was by Old Mutual se Wes-kampus in Pinelands wat beskikbaar gestel is om skenkings te ontvang, te berg en as kombuis te dien.

“Die kok is uitstekend en het op kort kennisgewing sy span bymekaargekry en Sondagmiddag laat bestanddele gekoop en vir mense met ’n verskeidenheid dieetvereistes voorberei.

Groot getalle vrywilligers het die aand opgedaag om die maaltye te verpak en van deur tot deur by die onderskeie hotelle af te lewer.

• Gift of the Givers benodig die volgende items: water, energiedrankies soos Powerade en Energade, sap en koeldrank, beskuitjies, energiestafies, tee, koffie, melk met ’n lang rakleeftyd, suiker, rys, bone, kookolie, noedels, sout, speserye, ontbytgraan, eiers, botter, konfyt, kaas en brood.

• Nie-bederfbare items soos seep, tandepaste, tandeborsels, toiletrolle, sanitêre doekies en handreiniger word ook benodig.

• Kontantskenkings sal gebruik word om hoender, vis en ander vleis te koop.

Die behoefte aan beddegoed en handdoeke is nog nie vasgestel nie.

Sooliman het Massmart, Engen, TFG, Woolworths, Pick n Pay, Shoprite, Pioneer Foods en Coca Cola bedank vir hul bydraes, asook vir Uber wat studente en maaltye help vervoer het.

“Die gees van ubuntu oor die land heen is bemoedigend. Dankie Suid-Afrika.”

Die UK het Maandag ook Gift of the Givers en Old Mutual vir hul bystand aan studente en ook vir die skenkings van die publiek bedank.

Skenkings van goedere kan tussen 06:00 en 23:00 by die Old Mutual-Wes-kampus by Jan Smutsweg 91 in Pinelands afgelaai word.

Old Mutual het Dinsdag in ’n verklaring gesê maaltye sal in sy geriewe berei word vir so lank as wat dit nodig is.

Geldelike skenkings aan Gift of the Givers kan hier gemaak word:

• Aanlyn by https://giftofthegivers.org/make-a-difference/

• In sy bankrekening by Standard Bank, rekeningnommer 052137228, takkode 057525 en de verwysing UCT Fire;

• Of skakel 0800 786 911.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.