Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Talle restaurante se deure weer oop

Hoewel talle restaurante in die Wes-Kaap vandeesweek weer hul deure oopmaak, gaan sommiges nie weer sake doen nie.

Die Spur Corporation, wat restaurante soos Spur Steak Ranches, Spur Grill & Go, Panarottis Pizza Pasta, John Dory’s Fish Grill Sushi, RocoMamas, RocoGo en The Hussar Grill insluit, het by navraag in ’n verklaring gesê hy is gereed om van Maandag af weer kliënte te verwelkom.

Elk van die restaurante is in onafhanklike besit en bestuur en hul handelsure gedurende die vlak 3-inperking kan van restaurant tot restaurant verskil.

Patsè Jordaan, woordvoerder van die Dros, het gesê al die restaurante maak oop. “Sommige is operasioneel en van vandag af oop, maar sommige maak eers later vandeesweek oop omdat bestellings en voorbereiding ’n paar dae kan neem.”

Die Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad het by navraag gesê sommige restaurante maak beslis vandeesweek oop, maar ’n presiese datum kan nog nie gegee word nie.

By die V&A Waterfront het dit by navraag geblyk dat ’n handjievol restaurante soos Mugg & Bean oop is, maar nog nie vir aansit nie.

Die Cape Gate-winkelsentrum het laat blyk sy kosplekke maak oop en die restaurante vergader Maandag oor aansit-gaste.

By die Mountain Mill-sentrum in Worcester het die Spur en Ocean Basket Maandag van 12:00 oopgemaak. Die Mugg & Bean maak Woensdagoggend oop en Cafe Dulce, die Wimpy en Moksh was Maandag oop, het Arie Fourie, ’n woordvoerder van die sentrum, gesê.

By die Garden Route Mall in George is KFC, MacDonalds en Simply Asia reeds oop, het Rion Olivier, die sentrumbestuurder, gesê. “Spur sal Woensdag oopmaak en Panarottis Donderdag. Timber Wolf sal van 08:30 tot 18:00 handel dryf en Panarottis daagliks van 11:00 of 12:00 tot 20:00, en miskien Sondae tot 18:00.”

Die Tygervallei-winkelsentrum is om kommentaar genader, maar het nog nie gereageer nie.

Die Cape Town Fish Market het op sy Facebookblad gesê aansit-etes word van Maandag bedien, maar beperkte winkels is oop en mense word gevra om vooraf te bespreek.

By navraag het dit geblyk die Garden Route Casino in Mosselbaai is nog gesluit en wag op regulasies.

Die Golden Valley Casino in Worcester kon nie telefonies bereik word nie, maar het Saterdag op sy Facebookblad gesê sy span werk hard om die casino se vloer vir besoekers te beveilig. Die datum en tyd vir heropening sal binnekort bekend gemaak word.

Die Caledon Casino het nog nie op navrae gereageer nie. Die kosplekke by die GrandWest Casino bly toe.

Dit blyk dat The Fat Greek-restaurant in Tableview en die Hotel Glencairn hul deure gesluit het.

Meer oor:  Aansitetes  |  Restaurante  |  Open
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.