Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Talle sterf in taxi’s op N1 naby Touwsrivier

’n Taxipassasier is dood en verskeie ander insittendes beseer toe ’n taxi Donderdagaand op die N1 naby Touwsrivier gerol het.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê die bestuurder van die Toyota Quantum-minibustaxi het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor.

Die wrak van die taxi wat Donderdagaand op die N1 naby Touwsrivier gerol het.

“Een insittende is op die toneel dood en verskeie ander is beseer en vir mediese behandeling geneem.”

Saterdag is 12 mense dood, waaronder die bestuurder van ’n minibustaxi, toe dié voertuig ook op die N1 naby Touwsriver omgeslaan het.

Die taxi lê op sy dak langs die N1. Een passasier is dood in dié ongeluk Donderdagaand.

Tien ander is beseer. Die 12 mense wat dood is, was ses mans, drie vroue, twee seuns en een meisie.

Die tien beseerdes is almal na ’n hospitaal geneem.

Meer oor:  N1  |  Ongeluk  |  Touwsrivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.