Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Talle vasgetrek weens dronkbestuur

Die meeste mense wat die langnaweek op paaie in hegtenis geneem is, is mense wat onder die invloed van alkohol bestuur het.

Richard Coleman, woordvoerder van die Kaapstad-metro se verkeersdepartement, sê 63 bestuurders is weens dronkbestuur vasgevat. Altesaam 48 van dié bestuurders is van Mitchells Plain, Durbanville, Eersterivier, Maitland en Khayelitsha. Die res is in Kraaifontein en Delft, asook op die N2 en Hindleweg, in hegtenis geneem.

Nege mense is vir ander oortredings soos regsverydeling, gesinsgeweld en roekelose en/of nalatige bestuur in hegtenis geneem.

Coleman sê daar is Sondag tien mense in hegtenis geneem.

Saterdag is ’n besope 31-jarige man by ’n ongelukstoneel op Hindleweg, naby die N2, in hegtenis geneem. ’n Asemtoets het getoon sy asem-alkoholvlak van 0,72 mg/1 000 ml is oor die wettige perk van 0,24 mg/1 000 ml. Die man is ook van roekelose en/of nalatige bestuur aangekla.

Later is drie bestuurders in die middestad en Khayelitsha in hegtenis geneem.

Coleman bevestig dat ’n 21-jarige man weens gesinsgeweld in Khayelitsha in hegtenis geneem is.

Twee mense in Kleinvlei is aangekeer nadat beamptes tik by hulle gevind het. Vrydag is ’n man ook met heroïen betrap.

In ’n gesamentlike padblokkadeoperasie is 548 boetes vir verkeersoortredings uitgereik en 117 vir die oortreding van verordenings.

Meer oor:  Dronkbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.