Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tamaryn vier 1 jaar saam met haar sakeman-kêrel

Tamaryn Green, voormalige Mej. SA en ’n gekwalifiseerde dokter, het Donderdag op Instagram gesê sy en haar kêrel, Ze Nxumalo, is amptelik een jaar saam.

“Een jaar, hand aan hand saam met my gunstelingpersoon in die wêreld. Ek dank God dat Hy hom in my lewe ingebring het,” het Green in haar inskrywing op Instagram gesê.

Tamaryn Green en haar kêrel van een jaar, Ze Nxumalo. Foto: Instagram/Tamaryn Green

Daarby is talle foto’s van die paartjie geplaas, onder meer waar hulle die troue van voormalige Mej. Heelal, Demi-Leigh Nel-Peters, en Tim Tebow se troue bygewoon het.

Zesimdumise Ndwandwe Nxumalo, oftewel Ze, is ’n sakeman en entrepreneur van Johannesburg.

Hy het in 2010 by die privaatskool Kearsney College naby Durban gematrikuleer en ’n graad in regte aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal. Hy is een van sewe kinders. Sy pa is ’n professor en sy ma ook ’n akademikus.

Green gee Nxumalo ’n soen op die wang.Foto: Instagram/Tamaryn Green

Nxumalo het die sakewêreld betree toe die Uber-app in 2013 in Suid-Afrika bekend gestel is. Volgens sy profiel op LinkedIn het hy het die potensiaal van groei in die vervoerbedryf raakgesien en het hy sy idee om in Uber te belê aan sy pa voorgelê, wat toe vir hom R10 000 geleen het.

Nxumalo het ’n maatskappy genaamd SMG Group genader en die handelaar oortuig om vir hom ’n motor te gee. Hy het dié motor vir Uber-ritte ingespan. Mettertyd het hy meer voertuie aangekoop en sy onderneming uitgebrei.

Hy is tans ’n adviseur by die SA Taxi-stigting en betrokke by Richmark Holdings, ’n beleggingsmaatskappy in Sandton.

Nxumalo het aan News24 gesê hy beskou pres. Cyril Ramaphosa en die sakeman Patrice Motsepe as rolmodelle. “Ek het baie respek vir hulle en dink ek kan ongelooflik baie by hulle leer.”

Nxumalo was nie net saam met Green by die Tebows se troue nie, maar het ook verlede jaar hand aan hand by die Pink Polo by die Val de Vie-landgoed met haar rondgeloop, en ook ’n toespraak op haar 25ste verjaarsdagpartytjie gemaak.

Nxumalo gee Green ’n soen op die wang.Foto: Instagram/Tamaryn Green
Meer oor:  Ze Nxumalo  |  Tamaryn Green  |  Dokter  |  Mej. Sa  |  Sakeman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.