Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tannie Evita hou haar eie staatsrede in PE

Terwyl die land se hooggeplaaste politici hulself vir ’n omstrede staatsrede voorberei, is tannie Evita Bezuidenhout ook slaggereed om haar weergawe te lewer.

Pieter-Dirk Uys, oftewel tannie Evita – ’n selferkende politieke aktivis, sal vandeesmaand in Port Elizabeth by die Athenaeum-teater ’n draai maak met Evita Bezuidenhout & the Kaktus of Separate Development.

Tannie Evita Bezuidenhout saam met ’n wasbeeld van pres. Jacob Zuma, wat deur Lungelo Gumede gemaak is. Foto: Illa Thompson

“Ons politiek is só toksies en lelik, dit help om soms daaroor te kan lag,” sê Uys.

Hy vertel ook dat tannie Evita tans hard aan die kook is om al die gaste by vanjaar se staatsrede te bedien. “Maar wie daar gaan opdaag, en of almal gaan wegbly, sal baie interessant wees.

“As die EFF daar gaan wees, gaan ons ’n kabaret sien!” skerts hy.

Tannie Evita se staatsrede sal juis daaroor gaan om die mense van die land te probeer hoop gee. “Tannie Evita vertel net die waarheid, niks lelike taal nie, sy is familievriendelik en deel haar siening, en sy wil mense herinner aan waar ons vandaan kom.”

In dieselfde week as tannie Evita se vertoning, sal Uys vir die eerste keer in Port Elizabeth ook sy eie verhaal op die verhoog vertel.

The Echo of a Noise is Uys se storie sonder karakters, hare of grimering. “Dit is net ek en my storie. Op die ouderdom van 73 kan ek seker ’n kans vat en dit doen,” sê Uys.

Daar is nog so baie rokke om te dra en baie om te doen.

Die vertoning is ’n verhaal van sy familie, musiek en hoe hy sy voete op die verhoog gevind het.

“Die teater in Port Elizabeth is die perfekte plek vir die vertoning, dit het ’n intieme atmosfeer. Dit is amper iets soos showing off in a lounge.”

Volgens Uys is dié outobiografiese vertoning uit die titel gebore. Hy vertel hoe die woorde “echo of a noise” eendag by sy “kop ingevlieg” het en hy die woorde vir homself uitgepluis het en vandaar het sy vertoning ontvou.

Tussen al die vertonings deur, sal tannie Evita se aanlyn reeks, Evita’s Free Speech, waarvan daar reeds 128 episodes is, ook steeds voortgaan.

“Daar is nog so baie rokke om te dra en baie om te doen,” sê Uys, wat ook benadruk dat tannie Evita nie twee keer dieselfde uitrusting sal dra nie.

“Die internet is ’n snelweg om materiaal tot in almal se huise te bring en ons kan dit gebruik. Gelukkig is daar iets soos vryheid van spraak,” sê Uys.

  • Evita Bezuidenhout & the Kaktus of Separate Development is op 22, 23 en 24 Februarie en The Echo of a Noise op 26, 27 en 28 Februarie.
Meer oor:  Pieter-Dirk Uys  |  Port Elizabeth  |  Teater  |  Vermaak  |  Staatsrede  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.