Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tannie 'rev' kar tot in die Spur
’n Bejaarde vrou van Jeffreysbaai het Woensdagoggend met haar motor deur ’n venster van die Spur-restaurant op die dorp gery en in die speelplek vir kinders tot stilstand gekom. Foto: Verskaf
Die bejaarde vrou wat met dié motor deur die venster van die Spur-restaurant in Jeffreysbaai gery het, het self uitgeklim en niemand is beseer nie. Foto: Verskaf

’n Bejaarde vrou wat blykbaar die petrolpedaal met die rempedaal verwar het, het Woensdagoggend deur ’n venster van die Spur-restaurant in Jeffreysbaai gebars.

“Ons het gehoor ’n motor rev baie hoog en die volgende oomblik toe is daar ’n helse slag en ook sommer ’n motor in die restaurant se speelplek,” sê André Olivier, eienaar van die Tampa Bay Spur in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap.

Die vrou, wat in haar 80’s is, het met haar wit Nissan Sentra-motor halfpad deur die massiewe venster binne die gebou tot stilstand gekom. Sy het self uit die motor geklim.

Die tannie (bestuurder) was baie geskok, maar sy is darem nie beseer nie.
André Olivier

“Die tannie (bestuurder) was baie geskok, maar sy is darem nie beseer nie.

“En gelukkig was daar ook niemand in die speelplek nie, anders was dit dalk rampspoedig,” sê Olivier.

Volgens hom is die Sentra ’n outomatiese motor en hy vermoed die vrou het die rempedaal en die petrolpedaal verwar.

Hoewel die parkeergebied langs die restaurant wel met relings omhein is, het die motor deur die enigste opening in die relings gery.

“Daar is ’n opening in die relings wat as die ingang na die stoep dien, en die motor het nou wraggies net mooi presies daardeur gekom,” sê Olivier.

Die koste van die skade aan die massiewe venster, lugverkoeler, mat en teëls moet nog bereken word, maar Olivier meen die feit dat niemand ernstig beseer is nie, is die belangrikste.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê geen misdaad word vermoed nie en geen saak word deur die polisie ondersoek nie.

Meer oor:  Jeffreysbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.