Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Covid-19-positief: Sy sterf 23 dae voor 100ste verjaardag
Tannie Santjie Bester (99) in haar kamer in die Emoya-Med- Private Hospitaal in Bloemfontein waar sy mooi versorg is voor haar dood. Sy is 23 dae voor haar 100ste verjaardag oorlede, twee dae nadat sy positief vir Covid-19 getoets het. Foto: Verskaf

’n Makietie is al vir haar 100ste verjaardag beplan, maar toe sterf sy ma 23 dae voor haar groot dag.

Só sê Wessel Bester oor sy ma, Santjie, van die Striata-aftreeoord in Bloemfontein.

Hoewel sy volgens die doodsertifikaat aan natuurlike oorsake dood is, is sy twee dae voor haar dood positief vir Covid-19 getoets, sê Bester, ook van Bloemfontein.

Hy sê sy ma sou op 13 Augustus verjaar. Dit sou ’n spesiale geleentheid wees omdat sy 100 jaar oud sou word.

Weens die inperkingsmaatreëls is geen begrafnisdiens tot dusver gehou nie, sê Bester. Die familie wag maar vir wanneer die inperkingstyd verby is om mekaar weer te sien en ’n behoorlike begrafnisdiens te hou, sodat sy ma finaal gegroet kan word.

Volgens Bester is sy ma intussen veras.

Sy ma het sowat ’n maand gelede in haar huis in die Striata-aftreeoord met haar heup teen die skerp kant van ’n koffietafel geval en vyf ribbes gebreek.

“Sy is hierna na die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein gebring, waar hulle baie mooi na haar gekyk het.

“Sy is hier drie keer vir Covid-19 getoets en dit was elke keer negatief.”

Sy is later per ambulans na die rehabilitasie-afdeling van die Emoya-Med- Private Hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas waar sy ook mooi versorg is.

“Sy is ook hier drie keer vir Covid-19 getoets. Die laaste keer, enkele dae voor haar dood, was die toets positief.”

Sy is ook hier drie keer vir Covid-19 getoets. Die laaste keer, enkele dae voor haar dood, was die toets positief.

Bester weet nie hoe dit gebeur het dat sy besmet is nie.

Hy sê by Emoya-Med is sy dadelik geïsoleer nadat sy positief getoets het.

Sy ma was ’n vasbyter, vertel Bester, wat ná die vroeë dood van sy pa, ’n bankbestuurder op Piet Retief, hul drie kinders feitlik alleen grootgemaak het.

“Aan die begin was daar familie wat gehelp het, maar sy het ons grotendeels self grootgemaak.”

Sy ma het ook ’n materiaal-winkel op Piet Retief gehad. “Sy was die sake-eienaar op die dorp wat die langste aaneenlopend ’n onderneming gehad het.”

Bester het twee broers, Mynhardt, wat ook al oorlede is, en Theuns. Daar is ook drie kleinkinders en twee agterkleinkinders.

Magda Bezuidenhout, mede-inwoner van Striata, sê Santjie was gelief onder inwoners. Sy was ’n rustige en stil mens wat baie kwaad kon word as iets verkeerd loop.

“Dit was lekker om haar hier te gehad het.

“Sy het altyd bly veg om in haar eie huisie te kon bly en wou nie na die versorgingseenheid oorgeskuif word nie. Sy het ook altyd gebel om ’n etetjie vir Sondae te bespreek.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Tant Santjie  |  Covid-19  |  Wessel Bester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.