Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tasbare energie in Potch vir Aardklop

Die kaartjies verkoop flink vir die 19de Aardklop-kunstefees wat volgende week in Potchefstroom gehou word.

Dit nadat die fees amper vroeër vanjaar van die baan was.

“In dié stadium kan ons sien dat mense veral opgewonde is oor nuwe werk, soos die toneelstukke Beurtkrag en So ry Miss Daisy.

“Produksies soos Hond en Ooms vaar ook baie goed. En op die musiekfront vaar Karen Zoid, Elvis Blue en Orkes uitstekend,” sê Alexa Strachan, feesdirekteur.

“Ek is ook baie opgewonde oor Hartklop, ’n musiekproduksie met onder andere Gloria Bosman, ­Joshua na die Reën en Anna Davel wat goed verkoop. Ek vermoed dis weens die ongewone kombinasie van kunstenaars. Produksies wat spog met groot rolverdelings en vir die laaste keer op die planke is, soos Die vrou uit die see, Hond se gedagte en Heidi, geniet ook baie ondersteuning.”

Volgens Strachan lyk die opkoms belowend.

Die verblyf in Potchefstroom is ook al amper vol bespreek.

“Daar is ’n tasbare energie in Potch op die oomblik.

“Die reset-knoppie is gedruk en Dinsdag hou ons fees.

“Die samewerking en spangees tussen die dorp se gemeenskap en nasionale kunstenaars is ongelooflik.

“Dit is so tipies Suid-Afrikaans: Ons is divers, ons baklei dat die hare waai, maar móénie vir ons sê ons sal iets nie regkry nie, dan sien jy hoe staan ons saam en slaan die skeptici bloedneus.”

Kaartjies is ook te koop by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.