Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tasché vertel oor ‘worsteling met liefde’ in 1ste snit

Tasché Burger (19), wenner van vanjaar se The Voice South Africa-kompetisie, sê haar eerste enkelsnit vertel die storie van haar worsteling met die liefde.

“Die musiekvideo is in die donker geneem en ek dink nie dit kon enigsins anders nie,” sê sy.

Tasché Burger (19)Foto: Instagram

“Dit gaan oor hoe ek gesukkel het om vir iemand te sê hoe ek voel. Dit het ’n donker gevoel en is nie noodwendig positief nie.”

Die musiekvideo vir “Die een” is Donderdag op YouTube bekend gestel nadat die liedjie reeds in Augustus uitgereik is en Tasché sê dit verteenwoordig haar reis met haar eie emosies.

Die lied is gebore nadat sy al haar notas met lirieke wat sy oor die afgelope paar maande geskryf het aan Hunter Kennedy, lid van Die Heuwels Fantasties en Fokofpolisiekar, gegee het. Hulle het saam aan die lirieke gewerk, met die hulp van haar mentor in The Voice, die rocker Francois van Coke. Richard Onraet, Die Gevaar se kitaarspeler, het ook gehelp.

Tasché gedurende die verfilming van die musiekvideo.Foto: Instagram

Sy het nie noodwendig iemand spesiaals in gedagte gehad toe sy die lied geskryf het nie, maar Tasché sê dat die volgende lied wat sy gaan bekend stel wel aan iemand spesiaals opgedra is.

Dié lied sal middel November vanjaar bekend gestel word.

“Ons het dit by Van Coke Studios opgeneem, amper net ná die einde van The Voice. Die musiekvideo is op een van die Hoërskool Stellenberg se rugbyvelde gemaak.”

Tasché sê dat die produksie van die video ’n hele nag geneem het, van 17:30 tot die volgende oggend om 06:00.

“Ek het nog nooit so iets gedoen nie. Dit was so, so koud, maar die moeite werd,” sê sy.

Lede van die skool se seuns- en meisieskoor kan in die video gesien word waar hulle in swart geklee agter Tasché staan.

Koor

Ek mag dalk die een wees wat na jou smag, ek soek jou in my long ek soek jou in my tas

Ek mag dalk die een wees wat nooit weet wat om te sê nie

Wat nie weet hoe dit voel om iemand anders terug lief te hê nie

Anders terug lief te hê nie

Anders terug lief te hê nie

Ons albei gaan ontplof, jy’s die een wat ek wil soen as die son opkom

Word wakker langs haar, en alles voel weer asof alles in mekaar ineen gaan stort

En ek mag dalk die een wees wat na jou smag, ek soek jou in my long ek soek jou in my tas

Ek mag dalk die een wees wat nooit weet wat om te sê nie

Meer oor:  Tasché Burger  |  The Voice Sa  |  Enkelsnit  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.