Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Taxi-operateurs ‘hou Brits gevange’

Inwoners van Brits in Noordwes word gevange gehou deur taxi-operateurs wat paaie in en uit die dorp versper.

Die situasie was teen Donderdagmiddag vroeg nog gespanne, maar geen geweld is tot dusver aangemeld nie, sê kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes.

’n Lugfoto wat wys hoe taxi-operateurs van die paaie Donderdag in en uit Brits in Noordwes versper.Foto: WhatsApp

Die Brits Mall is ook gesluit om besoekers en winkeleienaars te beskerm nadat betogers daarheen opgeruk het.

Sowat 2 000 mense het vroeër die oggend na die plaaslike landdroshof opgeruk waar drie taxi-operateurs op aanklagte van aanranding verskyn het.

Myburgh sê die aanloop tot die probleme Donderdag het begin nadat taxi-operateurs in Brits onlangs “oorlog” teen dwelmhandelaars verklaar het. Hulle het glo eie reg gebruik en van die vermeende dwelmhandelaars aangerand. Tien taxi-operateurs het kort hierna reeds in die hof verskyn.

Die polisie het Woensdag waarskuwingsverklarings van nog drie taxi-operateurs afgeneem sodat hulle Donderdag in die hof moes verskyn, ook op aanklagte van aanranding.

“Taxi-operateurs het as gevolg hiervan Woensdag die in- en uitgange na die polisiekantoor versper,” sê Myburgh. “Hulle is egter later vreedsaam daar weg nadat die polisie se gebiedshoof in Brits met hulle gepraat het.”

Die ontevredenheid het Donderdagoggend weer opgevlam met die hofverskyning van die drie taxi-operateurs. Die betogers ondersteun blykbaar die taxi-operateurs.

Die taxi-operateurs by die dorp se ingange keer ook vragmotors voor en dreig hulle glo indien hulle daarop sou aandring om deur die dorp te ry, sê Myburgh.

Die polisie hou die situasie dop.

Meer oor:  Noordwes  |  Brits  |  Versper  |  Paaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.