Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Taxi rol, 12 beseer in Elsiesrivier
12 mense is beseer in ’n taxi-ongeluk in Elsiesrivier.Foto: Verskaf

Twaalf mense is beseer toe die taxi waarin hulle gery het op die hoek van Owenweg en 35ste Laan in Elsiesrivier in Kaapstad gerol het.

Volgens Kenny Africa, die Wes-Kaapse verkeershoof, was twee voertuie betrokke in die ongeluk en het die taxi omgeslaan en op sy dak beland.

Paramedici van ER24-nooddienste, metro-reddingsdienste en brandweerdienste het op die toneel aangekom en die taxi op sy dak gesien lê.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het gesê die insittendes het toe reeds uit die voertuig geklim en op die toneel rondgeloop.

“Paramedici het die pasiënte ondersoek en bevind dat 12 ligte tot matige beserings opgedoen het. Die beseerdes is op die toneel behandel en na ’n nabygeleë daghospitaal vervoer vir verdere behandeling,” het Meiring gesê.

Meer oor:  Er24  |  Elsiesrivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.