Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Taxi ry in eenrigting op en bots teen 3 motors

’n Taxibestuurder is Woensdagoggend vir roekelose bestuur in hegtenis geneem nadat hy in Pretoria teen aankomende verkeer gery en drie motors getref het.

Vier mense is in die drie motors beseer en hospitaal toe geneem.

Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, was die voorval omstreeks 10:00 op Sefako Makgatho-rylaan (Zambesi) in Sinoville.

“Die bestuurder het teen die aankomende verkeer in ’n eenrigtingstraat gery en toe drie motors getref,” sê Dlamini.

Vier mense is in die drie motors beseer en hospitaal toe geneem.

Dlamini sê die bestuurder was alleen in die taxi.

Hy is in hegtenis geneem vir roekelose bestuur.

Die nasionale taxivereniging kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Taxi  |  Misdaad  |  Ongeluk  |  Bestuurder  |  Taxi-Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.