Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Taxi ry verkeersman om
Insp. Sabata Paul Mahlatsi is Vrydag raakgery.

’n Verkeersbeampte wat Vrydag naby Mahikeng in Noordwes raakgery is, is uit die hospitaal ontslaan.

Alpheus Koonyaditse, woordvoerder van Noordwes se departement van gemeenskapsveiligheid, het Sondag gesê insp. Sabata Paul Mahlatsi is beseer toe hy ’n minibustaxi voorgekeer het.

“Die taxibestuurder het gestop, maar die voertuig agter die taxi was ongelukkig te naby. Dit het die taxi getref. Die momentum van die botsing het die taxi vorentoe gedruk en toe tref dit Mahlatsi.”

Die ongeluk het op die N18 tussen die Lekoko- en die Madibe A Makgabana-nedersetting gebeur.

Mahlatsi en twee passasiers in die taxi is lig beseer en in ’n nabygeleë hospitaal vir hul beserings behandel.

Sello Lehari, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Noordwes, sê hy is bly Mahlatsi is ontslaan en dat hy goed herstel. “Dit was nie die beste manier om die jaar te begin nie, maar soms gebeur sulke dinge.”

Lehari het ook van die geleentheid gebruik gemaak om by padgebruikers te pleit om paaie verantwoordelik te gebruik. Hy het mense wat te vinnig ry, gewaarsku dit en ander onverantwoordelike padgedrag sal nie geduld word nie.

Dit lyk voorlopig of Noordwes sowat 29% minder noodlottige ongelukke vanjaar as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar gehad het, sê Koonyaditse.

Meer oor:  Mahikeng  |  Taxi  |  Verkeersbeampte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.