Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Taxi wat van polisie vlug, jaag op N1 in bus vas

Vier mense is vroeg Vrydagoggend dood en tien beseer in ’n ongeluk tussen ’n bus en ’n minibustaxi op die N1-hoofweg buite Musina in Limpopo.

Mike Maringa, woordvoerder van die departement van vervoer in Limpopo, sê die bestuurder van die taxi het omstreeks 05:00 vir die polisie weggejaag.

Hy het glo versuim om stil te hou toe die polisie hom op die N1 vir ’n roetine-ondersoek voorkeer. Die polisie het die taxi agternagesit.

Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en dit het reg van voor teen ’n bus gebots. 

Die taxibestuurder en drie van sy passasiers is in die ongeluk dood.

Dit is nie bekend hoeveel mense in die taxi was nie, en wie van die tien beseerdes buspassasiers was nie.

Die bus was op pad na die Beitbrug-grenspos na Zimbabwe.

Maringa sê onder die tien beseerdes is twee mense wat in ’n bedenklike toestand in die hospitaal is.

Nog twee is ernstig beseer en ses mense het ligte beserings opgedoen. Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir vervoer in Limpopo, sê daar was die afgelope paar dae ’n toename in motorongelukke in Limpopo.

Volgens haar is dit meestal deur roekelose en nalatige bestuur veroorsaak. Die polisie ondersoek klagte van strafbare manslag.

Die bus was onderweg na die Beitbrug-grenspos na Zimbabwe toe die ongeluk gebeur het.
minibusongeluk, busongeluk
Die wrak van die minibustaxi. Die bestuurder is een van die vier mense wat dood is. Foto: Verskaf

Meer oor:  Limpopo  |  Musina  |  N1  |  Busongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.