Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Taxibedryf hoop op goeie nuus ná vergadering

Taxi-operateurs hoop die nasionale Covid-19-bevelsraad sal hulle binnekort toelaat om hul taxi’s vol te laai en selfs weer lang reise aan te pak tydens die staat van inperking.

Thabisho Molelekwa, woordvoerder van die South African National Taxi Council (Santaco), sê in ’n verklaring Fikile Mbalula, minister van vervoer, het ná hul vergadering belowe om hul eise aan die bevelsraad oor te dra, en hulle hoop op ’n gunstige uitkoms.

Fikile Mbalula Foto: Felix Dlangamandla

Van die sake wat Maandag op die vergadering met die minister bespreek is, is die hulp wat die regering aan die taxibedryf aangebied het, die eise om taxi’s tot volle kapasiteit te vul en die moontlikheid dat hulle weer lang afstande kan ry.

“Die minister van vervoer bly verbind tot ons saak en sal sy bes doen om die bedryf se voorstelle oor lading en afstande met die nodige gesondheid- en veiligheidsprotokol in plek aan die bevelsraad te stel,” het Molelekwa in ’n verklaring gesê.

“Die minister sal weer Donderdag met Santaco vergader om terugvoering te gee oor die besluite van die bevelsraad, en die twee partye sal voortaan saam beplan aan die pad vorentoe.”Die vergadering het gevolg nadat Santaco druk op die regering uitgeoefen het deur sy taxi-operateurs oor die land heen aan te sê om hul voertuie vol te laai ondanks regulasies dat hulle net 70% vol mag wees.

Santaco het Mbalula ook Maandag gevra om weer te kyk na hul eis van R20 000 per maand per taxi vir die tydperk van die nasionale inperking. Hulle sê die inperking het hulle finansieel geknou, maar die regering sê hy kan net bekostig om ’n eenmalige bedrag van R5 000 per taxi te betaal.

Mbalula het Dinsdag in Pretoria gesê die kwessies waaroor hulle gepraat het, is op die regering se agenda en die bevelsraad sal leiding gee oor die pad vorentoe.

“Ons het mekaar gevind wat betref die vereiste dat die saak met integriteit en veral respek vir pendelaars gehanteer word, asook met inagneming van die regulasies. Ek is tevrede met die onderneming wat die leierskap in dié verband gegee het.“Die bevelsraad sal die leiding gee, maar watter besluite ons ook al neem, moet dit gedoen word met inagneming van die nodige gesondheidsmaatreëls.”

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, sê wetstoepassing gaan voort soos gewoonlik. Hulle het ervaar dat sommige taxi-eienaars by die regulasies gebly het, terwyl ander dit nie gedoen het nie.

“Diegene wat nie by die regulasies hou nie, sal beboet word ingevolge die Verkeerswet en die regulasies van die staat van inperking,” het hy bygevoeg.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Meer oor:  Santaco  |  Taxi-Operateurs  |  Taxibedryf  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.