Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Taxibedryf in Gauteng aanvaar ooreenkoms teen geweld

Die taxibedryf in Gauteng het Maandag tot ’n vergelyk gekom om ’n einde te bring aan die voortslepende geweld binne sy eie geledere.

Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir vervoer en padinfrastruktuur, sê in ’n verklaring die South African National Taxi Council (Santaco) en die Gauteng National Taxi Alliance (NTA) het ooreengekom om ’n taxibedryf na te streef wat vry is van enige geweld en as ’n voorbeeld kan dien van ’n sakemodel vir swart ekonomiese bemagtiging.

Volgens Mamabolo is deel van die “geskiedkundige ooreenkoms” dat die twee organisasies instem dat die provinsiale regering beslissend mag ingryp by taxiverenigings wat gebuk gaan onder interne konflik en ander vorme van onstabiliteit wat ’n onmiddellike bedreiging inhou vir pendelaars en padgebruikers se veiligheid.

Mamabolo is ook by magte om die leierskap van sulke taxiverenigings te ontbind en hulle onder tydelike administrasie te plaas totdat die orde herstel is.

“Hierdie ooreenkoms is nie op taxi-operateurs afgedwing nie, maar is die uitkoms van resolusies wat verlede jaar op die taxi-beraad in Sedibeng aangeneem is. Ek beskou dit as ’n belangrike stap om stabiliteit in die taxibedryf te bewerkstellig,” sê Mamabolo.

Theo Malele, woordvoerder van die NTA, verwelkom die ooreenkoms en beskou dit as die beginpunt om minibustaxigeweld en onbestendigheid in die bedryf tot ’n einde te bring. “Dit is nie in die publiek of die taxi-operateurs se belang dat die bedryf deur wetteloosheid en geweld verswelg word nie. Dit is ook hoogtyd dat die onkruid in ons eie geledere uitgeroei word en daarom verwelkom ons die ingryping van die provinsiale regering om dinge te verbeter,” sê Malele.

Meer oor:  Jacob Mamabolo  |  Gauteng  |  Geweld  |  Taxibedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.