Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mbalula wysig wéér aantal passasiers in taxi’s
Fikile Mbalula, minister van vervoer. Foto: Felix Dlangamandla
Netwerk24 Foto: Felix Dlangamandla

Minibustaxi’s mag van Donderdag af net 70% vol wees, het Fikile Mbalula, minister van vervoer, Donderdagaand laat in 'n verklaring gesê.

Mbalula het vroeër die dag aangekondig dat taxi’s weer volgelaai mag word, mits alle passasiers chirurgiese of N95-respirators dra.

Daaroor is egter hewig kapsie gemaak, wat Mbalula genoop het om sy besluit te hersien.

"Die publiek was ongemaklik en het ons gevra om dit te heroorweeg. Nadat ons aangekondig het dat minibustaxi's 100% vol kan wees, was daar grootskaalse verontwaardiging oor die impak daarvan op die gesondheid en veiligheid van die pendelaars. Ons het met belanghebbendes gepraat en die gevolg is dat taxi's net tot 'n maksimum van 70% vol mag wees," lui Mbalula se verklaring. 

* Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.


Die aankondiging deur Fikile Mbalula, minister van vervoer, dat taxi's weer volgelaai kan word, is in skrille kontras met die regulasies wat vroeër vandeesweek gegeld het, volgens dr. Kerrin Begg, spesialis in openbare gesondheid aan die Universiteit Stellenbosch.

“Ons wil juis nie hê dat lede van die publiek die N95-respirators moet dra nie. Mense kan respirators net ’n halfuur lank verdra en dan word dit op hul kop of ken geplaas,” sê Begg.

Anders as ’n masker, seël die respirator om jou gesig.

“ ’n Verpleegster moet jou help om dit op die regte manier aan te sit, anders help dit in elk geval nie jy dra dit nie,” sê Begg.

'n Masker of respirator moet jou mond en neus bedek, anders is die nie doeltreffend nie.

Sy sê voorraad van die respirators is beperk en wanneer lede van die publiek dit dra, ontneem hulle gesondheidswerkers van ’n respirator wat aan hulle behoorlike beskerming bied.

“Chirurgiese maskers is voldoende, mits passasiers dit oor hul monde hou,” sê Begg.

Volgens haar moet ’n masker of respirator jou mond en neus bedek, anders is die nie doeltreffend nie.

“Jy moet ook nie met jou hande aan of in die masker peuter nie, want dit verhoog die risiko om die virus te versprei.”

Mbalula sê taxibestuurders moet maskers of respirators aan hul passasiers verskaf, en die regering sal hulle daarmee help.

“Ek wil egter geen beloftes maak nie,” het hy Woensdag gesê en bygevoeg dat hulle sal probeer om Donderdag en Vrydag maskers uit te deel.

Mbalula het ook Woensdag aangekondig regulasies rondom die ure wat taxi’s op die pad mag wees, word verslap. Dit kom nadat sommige taxiverenigings met ’n staking gedreig het.

Taxibestuurders mag voortaan hul huise om 04:00 verlaat. Tussen 04:00 en 05:00 mag hulle ry na waar hulle passasiers moet optel, maar hulle sal beboet word as hulle in dié tyd mense vervoer. Vanaf 05:00 tot 10:00 sal taxi’s soos gewoonlik funksioneer.

Ayanda Paine, Mbalula se woordvoerder, sê daar is dan ’n grasietydperk tot 11:00.

“Sommige passasiers word byvoorbeeld om 10:20 afgelaai en daarom sal bestuurders nie beboet word as hulle in die uur nog passasiers het nie. Teen 11:00 moet almal egter geparkeer wees.”

Om 15:00 word die proses herhaal en taxi’s mag geen passasiers tot en met 16:00 vervoer nie. Van 16:00 tot 20:00 mag hulle passasiers op- en aflaai en tot en met 21:00 is daar ’n grasietydperk.

Hy het ook gepleit dat taxiverenigings sprake van stakings moet laat vaar.

“Ons wil nie oorlog hê nie. Almal verloor geld, maar dit gaan hier daaroor om lewens te beskerm.”

* Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Covid  |  Minister Van Vervoer  |  Korona  |  Maskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.