Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Taxi’s, vragmotors veroorsaak chaos in Port Elizabeth
'n Stilstaande vragmotor het chaos op die N1 by Port Elizabeth veroorsaak.

Verskeie paaie in die Nelson Mandelabaai-metro is Woensdag deur stakende minibustaxibestuurders versper.

Die stakers brand sedert vroegoggend buitebande, motoriste word met klippe bestook en vragmotors versper hoofweë in die gebied.

Noluntu Mahashe, provinsiale voorsitter van die South African National Taxi Council (Santaco), het vroeër gesê geen openbare vervoer, insluitend skoolvervoer, sal Woensdag toegelaat word nie.

Vragmotors versper die N2 op pad na Port Elizabeth. Foto: Lizeka Tandwa

Santaco eis van Weziwe Tikana, LUR van die betrokke departement, om die kwessie van stygende brandstofpryse op te los.

Vragmotors het Woensdagoggend die N2 in die rigting van Port Elizabeth versper en die metropolisie poog om die vragmotors te verwyder om verkeersopeenhopings te voorkom.

Paaie wat onder meer versper word, is Rocklandsweg op pad na Uitenhage, Dykeweg, Addo- en Madunastraat.

Die onderwysdepartement in die Oos-Kaap het rekordeksamenvraestelle wat Woensdag en Donderdag deur matriekleerlinge geskryf sou word, tot volgende week uitgestel.

Die plek naby Nelson Mandela- Universiteit in Port Elizabeth waar bande gebrand is. Dit is intussen opgeruim. Foto: Lizeka Tandwa
Die gewoonlik bedrywige Njoli-taxihalte in Port Elizabeth was Woensdagoggend stil. Foto: Lizeka Tandwa

Meer oor:  Santaco  |  Nelson Mandelabaai-Metro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.