Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tegnologie help om padsterftes te verminder
Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, Donald Grant, LUR vir verkeer, en Farrel Payne, direkteur vir verkeerswetstoepassing, maak die verkeersyfers bekend.

Wetstoepassingstegnologie het meegehelp dat feestyd-padsterftes in die Wes-Kaap ’n daling van 6% teenoor die vorige jaar getoon het, sê Donald Grant, LUR vir vervoer.

“In die afgelope feestyd van 1 Desember 2018 tot 31 Januarie 2019 het die gesamentlike sterftesyfer van 262 tot 246 afgeneem. ’n Merkbare afname van 104 tot 91 is in voetgangersterftes aangeteken,” sê hy.

Volgens Grant bly voetgangersterftes in die provinsie egter steeds hoog.

Hy sê toegewyde, hardwerkende verkeersbeamptes het ook ’n groot rol gespeel om die dodetal laag te hou.

“Ons veldtog, #BoozeFreeRoadsAlcohol, fokus op die eenvoudige boodskap dat alkohol en padgebruik eenvoudig nie meng nie, soos blyk uit die groot rol wat alkohol voortdurend in die meeste ongelukke op ons paaie speel,” sê Grant.

Ons veldtog, #BoozeFreeRoadsAlcohol, fokus op die eenvoudige boodskap dat alkohol en padgebruik eenvoudig nie meng nie.
Donald Grant

“Ons is vol vertroue dat ons voortgesette belegging in tegnologie ons in ’n goeie posisie sal plaas as ons die wetstoepassingsprobleme van die toekoms wil aanpak.”

Grant sê een voorbeeld van hoe tegnologie van onskatbare waarde in wetstoepassing was, is die 91 motoriste wat in dié tydperk weens die besit van vervalste dokumente in hegtenis geneem is.

Volgens die LUR het die doeltreffende gebruik van hul handtoestelle gehelp dat hulle onmiddellik kon vasstel of dokumente wat aan verkeersowerhede voorgelê is, eintlik vervals is.

“Die handtoestelle het bewys dit is nie net vir wetstoepassing nie, maar ook vir misdaadvoorkoming noodsaaklik,” sê hy.

Volgens die departement sluit hul suksesse in:

* Altesaam 282 297 voertuie is voorgekeer en vir padwaardigheid en oorlading nagegaan, terwyl bestuurders vir moegheid getoets is.

* Altesaam 1 001 voertuie is uit diens onttrek, terwyl daar op 272 voertuie beslag gelê is.

* Verskeie inhegtenisnemings is in dié tydperk gedoen, waaronder 519 vir dronkbestuur, 30 vir spoed en 91 vir vals dokumente.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Padsterftes  |  Tegnologie  |  Dronkbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.