Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tekort aan ambulanse in Oos-Kaap

Die Oos-Kaap het slegs 447 ambulanse, waarvan 200 tans nie padwaardig is nie. Dít terwyl die provinsie eintlik 656 ambulanse in ’n goeie werkende toestand moet hê.

Só sê Jane Cowly, DA-lid van die provinsiale wetgewer, gister in ’n verklaring.

Dié kritieke tekort aan ambulanse in die Oos-Kaap het al die lewens van siek pasiënte geëis, en daar is nog geen planne in plek om dié tekorte aan te vul nie.

“Pasiënte het al gesterf en vroue skenk die lewe aan die kant van die pad terwyl hulle wag vir ’n ambulans om op te daag. In baie gevalle moet families noodgedwonge hul dodelike siek familielede kilometers ver in kruiwaens stoot om hulle by die naaste kliniek te probeer kry,” lui die verklaring.

Cowly wys daarop dat die provinsie, volgens Helen Sauls-August, ANC-LUR vir gesondheid, oor 656 ambulanse in werkende toestand moet beskik om te voldoen aan die nasionale norm van een ambulans vir elke 10 000 mense.

Die vloot beskik egter oor slegs 447 ambulanse.

Boonop is altesame 200 hiervan volgens Sauls-August tans nie padwaardig nie. Sommige is vir weg herstelwerk, ander wag om afgeskryf te word, of om uit die vloot onttrek te word.

“Gevolglik is daar dus effektief slegs een ambulans vir elke 32 800 mense in die provinsie,” lui die verklaring.

“Dit ten spyte daarvan dat die menseregtekommissie al in 2015 die departement van gesondheid opdrag gegee het om aan hierdie norm te voldoen. Daar is geen planne in plek om die aantal ambulanse wat tekort is aan te vul nie, en ek daag die LUR (Sauls-August) uit om uit te spel watter stappe geneem gaan word om hierdie rampspoedige situasie om te keer,” aldus Cowly.

Cowly het bygevoeg dat in sommige landelike gebiede daar geen ambulanse is nie en dan kan dit ’n pasiënt tot R800 – die helfte van ’n maandelikse toelae – kos om ’n taxi te gebruik om by die naaste kliniek of hospitaal te kom.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Tekort  |  Ambulanse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.