Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tempe-weermaglid dood toe Ratel omslaan

’n Lid van die Tempe-weermagbasis in Bloemfontein is Woensdag dood nadat ’n pantservoertuig tussen Bloemfontein en Edenburg in die Vrystaat omgeslaan het.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), sê ’n konvooi voertuie van dié basis se 1 Spesiale Diensbataljon (1SDB) was na Kaapstad onderweg toe die ongeluk omstreeks 07:30 gebeur het.

Die voertuie was op pad na die voorbereidings vir die Dag van die Gewapende Magte wat op 21 Februarie in Kaapstad gevier word, sê hy.

Die beseerde insittendes van die Ratel ZT3 is op die toneel deur medici gestabiliseer wat die konvooi vergesel het, voordat hulle na die 3 Militêre Hospitaal in Tempe geneem is.

Een lid het in dié hospitaal aan sy beserings beswyk. Mgobozi kon nog nie sy naam bekend maak nie omdat sy naasbestaandes nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.

Die vier ander passasiers is in ’n stabiele toestand.

“Tans is die inligting dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het, maar die militêre polisie ondersoek nog die oorsaak van die ongeluk.”

Mgobozi kon nie bevestig of die oorledene die bestuurder van die voertuig was nie. Hy sê die konvooi het uit sowat 14 swaar- militêre voertuie bestaan.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, en genl. Solly Shoke, SANW-hoof, het in ’n verklaring hul medelye met die oorledene se naasbestaandes en kollegas betuig. Hulle wens ook die beseerde soldate ’n spoedige herstel toe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.