Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tereza, Bennie oorstelp oor hul seun
Nog ’n troufoto van die voormalige Mev. Suid-Afrika van 1999, Tereza Troskie-Herbst en Bennie Herbst op hul troudag in Bloemfontein in 2014. Foto: Francois Heydenrych

Tereza Troskie-Herbst (47), Mev. Suid-Afrika van 1999, en haar man, Bennie Herbst (36), het Dinsdag die ouers van ’n seun, Jayden Ben, geword. Hy is om 11:03 in die Mediclinic Welkom met ’n keisersnee in die wêreld gebring.

’n Surrogaatma, Jaenne-Marie Coetzer (32) van Odendaalsrus, het die baba gedra.

Volgens boodskappe van familie en vriende op Facebook gaan dit baie goed met Coetzer, asook met Tereza en Bennie.

Die ouerpaar is volgens vriende oorstelp van vreugde.

Dié voormalige skoonheidskoningin se baba is verwek met die hulp van onder meer een van 14 eierselle wat van haar geoes is voordat haar baar­moeder in 2014 weens ’n kanker verwyder moes word, het Huisgenoot, sustertydskrif van Volksblad, vroeër berig.

Tereza en Bennie word sedert Dinsdag oorval met gelukwense op albei se Facebook-blaaie.

Val Tower-Gutter het geskryf: “So bly om te sien dat Jayden aangekom het en dat hy ’n pragtige seuntjie is, al 3,6 kg van hom.”

Marelize Lubbe Joubert het Dinsdag vir Jaenne-Marie Coetzer op Facebook geskryf: “So dankbaar jy en Jayden Ben is OK.”

Herrie Coetzer, broer van die surrogaatma, het ook op Facebook geskryf: “Baie geluk en dankie Here als het goed afgeloop, nou kan jou lewe aangaan, Sus.”

Isabel Prinsloo het aan Coetzer op Facebook geskryf: “Baie bly als het goed gegaan. Jy is waarlik een van die dapperste vroue wat ek ken. Mooiste hart om vir ander wat nie kinders kon hê nie, die groot geskenk te kon gee. Alle eer aan ons God.”

Tereza het nog ’n seun, Jamie (17), uit haar huwelik met die rolprent- en eiendomsmagnaat Boet Troskie. Die Troskies is in Mei 2002 geskei.

Die Herbst-egpaar is in 2014 by Tuscan Rose in Bloemfontein getroud.

  • Bennie was vroeër Tereza se fiksheidsinstrukteur. Bennie het by navraag gesê eksklusiewe regte vir die storie en foto’s van die seun is aan Huisgenoot gegee.

“Ons sal later weer met Volksblad praat.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.