Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Tereza Troskie-Herbst se baba sterf skielik
Oud-Mev. Suid-Afrika Tereza Troskie-Herbst en haar man, Bennie, op hul troudag in 2014 in Bloemfontein. Foto: Francois Heydenrych

Die week oue babaseun van die oud-Mev. Suid-Afrika Tereza Troskie-Herbst (47) en haar man, Bennie (36), is Sondagaand skielik dood.

Jayden Ben het Sondagaand melk gedrink, waarna die egpaar winde uitgevryf het, het Netwerk24 verneem.

Hulle het opgemerk dat daar bloed in sy neus was, waarna hulle met hom na die Mediclinic Bloemfontein gejaag het.

Hier is glo vasgestel dat van die bloed in sy longe beland het, wat vermoedelik sy hart laat staan het.

’n Nadoodse ondersoek kan moontlik meer lig op die saak werp, is aan Netwerk24 gesê.

Jayden Ben is met die hulp van ’n surrogaatma in die lewe gebring.

Dit is verskriklik hartseer. ’n Mens wil nie hê dit moet met enigiemand gebeur nie en ’n mens is lief vir kinders.

Boet Troskie, rolprentmagnaat en eksman van Tereza, het bevestig hy het gehoor dat die baba dood is.

“Dit is verskriklik hartseer. ’n Mens wil nie hê dit moet met enigiemand gebeur nie en ’n mens is lief vir kinders. Hulle is baie spesiaal,” sê hy.

“Klein Jamie (Boet en Tereza se seun) het my gebel en het vreeslik gehuil oor sy boetie wat dood is,” sê Troskie.

’n Pastoor staan die egpaar by.

Jayden Ben is verlede Dinsdag omstreeks 11:03 in die Mediclinic Welkom gebore en het 3,6 kg geweeg.

’n Surrogaatma, Jeanne-Marie Coetzer (32) van Odendaalsrus, het die baba gedra.

Donderdag is berig dat dit volgens boodskappe van familie en vriende op Facebook baie goed met Coetzer, asook Bennie en Tereza, gegaan het.

Die ouerpaar was volgens vriende oorstelp van vreugde oor Jayden Ben se opwagting.

Dié voormalige skoonheidskoningin se baba is verwek met die hulp van onder meer een van 14 eierselle wat van haar geoes is voordat haar baarmoeder in 2014 weens kanker verwyder moes word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.